|
2002 -
Toer
Kaap
tot Kampala - 2002
Terug in 2002, lank
voor ek vir Charmaine geken het, het ek 'my eerste regtige land toer aangepak.
Die doelwit was om tot in Uganda te gaan, waar ek die ewenaar sou kruis en weer
terug Kaap toe. Soos dinge maar in Afrika werk, het dit nie heeltemal so
gerealiseer nie, maar nietemin het ek 'n vantastiese ervaring gahad. Hier is 'n
reeks briewe wat ek aan my vriende by die huis gestuur het tydens die
toertjie... geniet dit
Die Eeste brief - Paarl, 25 Junie 2002
So ver lyk my dinge ales goed. Ek het 'n foon oproep gekry van
Johan Joubert, een van die organiseerders van die Africa Friendship Safari, wat
my ingelig het die Safari is gekanselleer, want daar was net 2 inskrywings
waarvan myne die een was. Maar die goeie nuus is
dat hulle nogsteeds gaan ry soos beplan as vir die Safari. Dit pas my goed. Ek
het in elk geval nie 'n back-up kar nodig om agter my aan te ry nie. Ek is
redelik voorbereid vir wat ook al kan gebeur. BM's breek ook nie sommer nie,
touch wood!
So ek
vertrek Saterdagoggend terwyl julle nog lekker en droom, 04:00, vanaf Paarl en beplan
om die aand in Witbank te slaap by 'n vriend wat ek ken, Oom Bie. Hy ry ook 'n
BM. Dan Sondag tot in Sabie waar ek die res van die ouens sal kry waar ons
Maandag die land van melk en heuning verlaat om te oornag in Xai-Xai, Mosambiek. O ja, die uitspraak van Xai-Xai is chai-chai.
Verder as dit sal ek maar sien en
hopelik sal ek weer van my laat hoor vanaf Lilongwe, Malawi se hoofstad, as daar
'n goedkoop Internetkafee is. As dinge volgens plan verloop sal dit in die
omgewing van 8 of 9 Julie wees.
Die kostes van so toer
is nogals duur en ek het dit ook onderskat. Ek sit nog by die huis en die toer
kos my al net so oor die R6 000. Dis nou die visums (R2 000) die inentings (R1
000) en die bike se voorbereiding (R3 000). Die bike het omtrent als nuut op -
bande, filters, olie, rem blokke en nog meer - reg vir die lang pad.
Die Tweede Brief - Dar
Es Salaam, 12 Julie 2002
Jis ouens, hoe lyk dinge, Met my gaan dit baie goed, het gister hier aangekom,
is vrek moeg, die laaste 4 dae gem. 600 km per dag gery. Mosambiek is pragtig,
dis asof ek in 'n Getaway tydskrif was.Kampterein by Inhambane, pragtig soos 'n
Getaway Tydskrif
Alles is prentjie mooi. Die mooi dele
begin noord van Xai Xai. Inhambane en Maxixe is pragtig, net palmbome waar jy
kyk. Die mense is ook baie toeriste-vriendelik. Lekker
groot prawn - braai by Vilanculos

Vilanculo's is ook mooi. Die pad
in Mosambiek is baie goed, niks om oor te bekommer nie.
Malawi is nog mooier as Mosambiek, die meer is betowerend en hier kan jy
rustigheid kry, alles is so rustig. Die mense is ook baie vriendelik. Hier is
ook baie Christene en die sticker op my bike wat se "I'm
not ashamed of the gospel of Jesus Christ"
trek baie aandag. Een
plek in Mosambiek waar ek petrol ingegooi het, wys die ou na die sticker en se
"I know this one!" Hy gaan haal toe 'n Portugese Bybel en wys my hoe dit staan
in Portugees. Ek haal toe my
"Hope For the Highway"
uit en wys hom Rom
1:16 in die rooi taal.
Genaalde
fietse is ooral in Malawi
Dis goed om te weet en
lekker om te sien dat die kerk is redelik gevestig in Afrika, danksy al die
sendinggroepe wat hierheen kom. Ook my CMA baadjie trek aandag en baie mense in
Malawi vra of ek 'n preacher is, ek se nee, maar ek is altyd bereid om die goeie
nuus van Jesus met enigeen te deel.
Tanzanie is anders,
bietjie meer gevorderd, baie mooier, sover is dit die real Afrika. Hier is baie
berge en die pad vanaf die Malawi grens tot Mbeya lyk soos die Sabie Nelspruit
omgewing, pad ook baie goed.
Pratige
pad in die suide van TanzanieMinder
nice pad, maar mooi terein naby IndringaDar Es Salam
Dar Es Salaam,
soos
Maputo, is 'n malhuis, iets om maar self te kom sien. Jy het hare op jou tande
nodig om hier te ry met 'n bike, maar, ek leef nog. Ek vertrek more na Mombasa,
Kenia en Malindi. Sal weer van my laat hoor vanaf Nairobi
Die Derde Brief -
Stone Town, Zanzibar, 15 Julie 2002
Ja Boet! Ek het altyd gehoor die mense se dat niks in Afrika is verseker nie,
maar het nooit verstaan nie, nou verstaan ek. By die huis vind mens mos eers al
die dingetjies uit voor jy vertrek, reg! Ja, maar nogsteeds werk dinge anders in
Afrika.
By die huis is vir my
gese dis nie nodig vir 'n Carne nie, toe ek by die Kenia grenspos kom, raai wat
soek hulle toe? Ja, die einste Carne wat ek toe nie het nie, so my droom om die
ewenaar oor te steek sal maar moet wag tot 'n volgende keer. 'n Carne is 'n
tydelike uitvoer dokument om 'n voertuig tydelik in en uit 'n land te voer. Tot
en met Tanzanie was daar nie 'n probleem nie.
Plan B, nou sit ek in
Stone Town,
Zanzibar, wat
'n wonderlike plek! Ek geniet Tanzanie se mense baie,
en Zanzibar is sover mooi en lekker. Ek ruil die BMW vir 'n Honda XL250 more.
Ja, die BMW het op die vasteland gebly en ek huur 'n bike hier om die eiland te
gaan verken, vir R400 vir 2 dae, nie sleg nie, om my bike oor te bring op die
ferry sou R1 000 gewees het.
Ek het wel mooi dele
gesien op pad na Kenia, was by Tanga, nogals 'n mooi plekkie. Julle moet die
busse sien wat hier ry, Shumacher staan nie 'n kans nie! Ek het een afgeneem in
die ry, hoop dit kom uit, afdraande 140/150 km/h, draaie of nie. Dis die
vinnigste voertuie op die pad hier. Hier is ook baie bikes, maar hulle poer-poer
net, ry seker so 30 of 40, kan nie vinniger nie, dra ook nie helmets nie. Die
CD200's is die mean machines. Mosambiek het superbikes, daar het ek gesien
GSXR1100, TL1000, ZX7R, BMW R80GS. In Dar Es Salaam het ek ook 'n paar gesien,
'n FZR1000, GSXR1100 presling, GPZ750. Malawi het net kleintjies, het wel 'n
F650 spietkop bike gesien.
Die Vierde Brief -
Livingstone, 24 Julie 2002
Jis, dis nou 11 000 km later en die ryery raak nou lekker, en interessant.
Gister was 'n uitsondering, die dag het sommer sleg begin, maar eers terug na
Dar Es Salaam. Ek het Dar Es Salaam Vrydagoggend vroeg verlaat en het gery tot
by Mbeya, waar ek Vrydagaand geslaap het. Dit is 'n pragtige deel van Afrika,
daardie roete, die pad loop deur die Mkumi Park en die spoedgrens is 70 km/h vir
50 km lank. As jy nie by die spoed hou nie, ry jy eenvoudig die diere verby en
sien jy niks. Daar was iets van als, olifante, kameelperde, vlakvarke (is nie
meer lief vir hulle nie, kom nog daarby), ribbokke, zebras en nog. Dis nogals
besonders om hulle te sien op 'n bike. Die grenspos by Zambie
was nie 'n probleem nie. Vanaf die grens tot Mpika, 395 km, geen petrol,
gelukkig maak ek dit toe sonder om eens die jerry can te gebruik. Toe kom die
polisie insident. In, Tanzanie, as die beampte jou nie stop nie, kan jy verby
hou. Met daardie gedagte in my kop steek ek die grens oor na Zambië. Iewers op
die pad ry ek so half verby 'n padblokkade waar die sleg beamptes onder die
afdakkie sit-slaap, maar ek ry stadig, so 20 km/h. Hulle wuif toe verskriklik na
my en ek draai om te gaan hoor wat is die storie, ek het geen intensies om weg
te jag of so nie. Hulle vat toe my papierwerk en bekyk hulle goed deur, soos
maar gebeur by meeste blockades. Toe hulle sien al my papierwerk is in orde, is
dit nie goed genoeg nie, en dring toe aan dat hulle my 'n boete gaan gee, omdat
ek nie die eerste keer gestop het nie. Ek se toe goed, gee maar, want ek het nog
'n lang pad wat voorle, gedog dit sal so R20 of wat wees. Nee meneer, 270 000
Zambiese Kwatsa. R1 = 400ZK, baie geld. Ek sê toe daar is nie 'n manier dat ek
vir julle daardie geld gaan betaal nie. Ek sal dit eerder in die hof veg, maar
die elendigge hof is eers weer maandag oop, dis nou saterdag. Hulle het nog my
papiere en rybewys in hulle hande. Ek het so 'n bietjie kwaad geraak en toe eers
by die bike gaan sit vir 'n rukkie om te bedaar, intussen raak dit donker en ek
moet nog so 150 km ry tot by 'n plek waar ek vermoed daar is 'n kampplek. Nadat
ek bedaar en afgekoel het gaan ek weer in die kantoor en vra: “nou wat nou?”, Ek
soek my papiere dat ek kan ry. Nee se hulle, jy kry jou papiere as jy betaal
het, ek strip toe weer van vooraf en se toe maar hulle kan die ou papiertjies
maar hou, ek ry maklik daarsonder. Met die klim ek op die yster, sit helmet op
en start, terwyl hulle aanhou dat ek moet betaal en ek se nee, die wit man ry
nou, met of sonder papiere, maar betaal sale k nie. Gelukkig toe ek wegtrek,
steek die beampte sy hand uit en gee my die papiere, maar toe laat wiel ek darem
voor hulle van plan verander. Met die gevolg ek kom
toe donker aan by die Kundalila waterval, waar ek kamp opgeslaan het. Die
waterval is nogals die moeite werd om te sien. Volgende dag is ek na Ndola en
toe Lusaka, eintlik 55 km noord van Lusaka, op 'n plaas met 'n gastehuis en
kampterrein. Toe begin D-Dag, waar ek nogals besluit het om vroeg te ry, want
die volgende stop is Livingstone, wat so amper 600 km weg is. 75 km uit Lusaka
stop ek vir 'n foto by die bordjie wat dui: Livingstone 416km
Met die wegtrek
val dit my by die selfoon lê nog op charge by die kamplek. Toe draai ek om en
laat wiel. Min plekke was ek onder 140. Gelukkig was die foon nog daar. Ek kom
toe net voor donker hier in Livingstone aan en daar is 'n kamplek 25 km uit waar
ek wil gaan slaap. Die einste plek het ek ook besoek in 1997 toe ek met my Z1100
in hierdie omgewing was. Toe ek daar aankom is die plek so toe soos 'n klei-os
se agter-ent, en dit kos my toe terug draai dorp toe. Ek ry so 100 km/h en
meteens kom 'n groot meneer vlakvark uit die bos oor die pad. Daar was nie tyd
vir rem nie, ek draai net krane oop om hom te mis maar dis nie vir my so beskore
nie, ek slaan hom. Net die Here se genade
dat ek nie geval het nie, maar 'n redelike slag en dis net stof langs die pad
waar die arme vark le en spartel voor hy sy laaste asem uitblaas. Gelukkig vir
die Beetle engine uitleg van die BMW, anders was my voet vergruis, want die
crashbar en tapet cover het die knock gevat. Die bars is gebuig en die swart
protection ding op die cover is gebreek, verder nie 'n probleem. Dis nou wat
gebeur as jy onder die bloed van die Here is, Hy beskerm jou, ek hoop net nie my
geloof word in Botswana getoets op die olifante nie.
Wel, so nog 'n
"been there, done that"
ding vir my om af te
merk op my kerfstok. Volgende mail is seker van die huis af.
Kaap na Kampala 2002 -
Statistiek
Bike: Silwer BMW R1150GS, ’00 model met 59 000 km, voor toer. 14 348 km gery met
BMW plus 300 km op Zanzibar met gehuurde Honda XL250 in 34 dae. Dit gee ‘n
gemideld van 430 km per dag. 3 dae was oor die 900 km. Verste punt noord bereik
was die grenspos van Kenia waar hulle my nie wou inlaat nie, 60 km noord van
Tanga. Ten spyte van al die
gewig, was die brandstof verbruik baie goed en het ek 738,08 liter ingegooi. Dit
gee ‘n gemiddeld van 19,4 km/l. R4 460 is gespandeer op petrol (Honda
uitgesluit). Spoed was meeste van
die tyd onder 120 km/h. Honda XL se gem. verbruik was 26 km/l vir 300 km op
Zanzibar. Spoed was op teerpad 60-80 km/h, het ook baie op strand en in
bospaadjies gery.
Petrol pryse wat ek
betaal het per liter in Rand waarde teen wisselkoers waarvoor ek geld verwissel
het: RSA R4 – R4.30, Mosambiek R4.50 – R6.80, Malawi R7.90, Tanzanië R6.50 –
R6.90, Zambië R8.50 – R9.50, Botswana R4.30. Wat se dit vir julle? Moenie weer
moun oor die petrolprys in RSA nie. Ek het altesaam 650 ml olie bygegooi, ek
gebruik Castrol Futron, het saamgeneem, kry nie Castrol produkte daar nie.
Behalwe die visums, inentings en bike se diens het die toer my nog onder R10 000
gekos, was nou wel nie in Uganda nie. Foute op bike na 14
000 harde km's: agter skokbreker is baie moeg, het rubbers tussen coils ingedruk
by Lusaka om die deurstampery te verhoed. Revcounter het uitgebrand, of iets,
bly staan op 1 500 rpm, dit het gebeur by Nata in Botswana. Linker pannier se
bracket nie meer lekker a.g.v. 'n ligte valletjie in Mosambiek op sandpad. Val
toe af op 80 km/h, lyk nou goed 2de hands. Regterkant se crashbar is gebuig en
silinderhead guard gebreek teen Pumba se kop. (As jy nie weet wie Pumba is nie,
vra jou kinders. Moenie vir hulle sê hy lê dood langs die pad naby Livingstone
nie.)
Roete opsomming
RSA:
Ek is 28 Junie by die huis weg en het in die koue en reen vertrek. My roete was
Baufort-Wes, Aberdeen, Aliwal-Noord, Ficksburg, Kroonstad, Witbank, Sabie, waar
ek die ander 6 ouens gekry het wat op die AFS gegaan het.
Mosambiek:
Die rytjie na Komatiepoort was mooi en die grenspos was sonder enige probleme.
Die geldruilery is iets om aan gewoond te raak en ek dink baie mense word so
ingeloop deur hul onkunde. Moenie geld by die straatmense ruil nie, hulle sien
jy ken nie die duisende nie en mens word maklik deurmekaar. So is 2 van ons
verneuk met by die R500. R1 koop 2 300 Mt (Meticals). Ek het R1 500 geruil, en
kry toe 3 450 000 Mt. Nou weet ek ook hoe dit voel om 'n miljoener te wees. Dis
'n dik pak geld en jy het 3 beursies nodig om dit in te sit. Leon weet ook nou
hoe dit voel om 'n miljoen af te staan vir 'n spoedlokval. Die ry deur Maputo was
wild, ek is bly dis verby, gaan kyk maar self. Ons het die laaste 150 km na Xai
Xai in die donker gery, ook 'n redilike nuwe ondervinding vir my. Meer as die
helfte van die voertuie se agterligte werk nie en so 'n kwart se voor ligte werk
nie! Dis Afrika, Johan se woorde was: "Afrika is nie vir sissies nie". Ek stem
saam, dis vir die rof en onbeskof. Pas jy in of nie?
Die eintlike mooi
begin eers noord van Xai Xai, dit raak bietjie skoner en as jy by Inhambane kom
sien jy net palmbome. Lyk soos die mooiste foto's uit Getaway. Die paadjie na
Bamboozi was opvoedkundig en ek het gesien dat Pomene moet ek liewers los. Ek
soek toe mense met 'n kar wat my bagasie kan vervoer na Vilanculos, om met 'n
leë bike Pomene toe te gaan, maar kry niemand, was seker so bedoel, anders het
ek 'n stukkie plaas gekoop op daardie pad. Ons 3, 1150’s gaan toe
maar na Vilanculos, terwyl Leon, Glen, Johan en Erik Pomene toe is. Die
kampterrein by Vilanculos is vol Suid-Afrikaners en daar ontmoet ons toe vir
Adriaan van Pretoria met ‘n 1100GS. (Het sy vrou se naam vergeet, sy was saam).
Hy gebruik ook sy bike, het al 85 000 km op, ek hou van sulke ouens. Ian en
Frans bestel toe van die legendariese prawns. R70/kg. 8 prawns weeg 1kg! Dis
menere, dieselfde grote as die kreef wat so uitloop hier in Elandsbaai. Ons
braai dit toe saam met 'n T-bone, surf & turf. Hier groet ons toe vir
Leon en Glen, Leon het familie verpligtinge en Glen werk, ai, die werk wat altyd
‘n man se genot so in die wiele ry! En toe was daar 5. Toe is ons vort na Casa
Msika, op die Zim grens. Hier besluit ons die volgende dag gaan ons druk om in
Malawi te kom. Die brug by Tete oor die Zambesie is nogals indrukwekkend en is
omtrent 1 km lank.
Malawi
Dis nou 'n pragtige land, en die mense is ook baie vriendelik, nie dat Mosambiek
se mense onvriendelik is nie. By baie plekke word vir jou gese:
"Welcome to Malawi, enjoy your stay!"
Nkopola Lodge was ons eerste stop, 'n grand plek, nie my styl nie, ek is maar 'n
platjie wat goedkoop wil bly. Erik en Ian betaal toe vir my en Frans se kamer.
Dankie ouens, daardie bed was lekkerder as wat my slaapsak sou gewees het, veral
na 800 km in die saal. Ek en Frans het agter geraak en het weereens die laaste
100 km in die nag gery. Malawi het verskriklik baie miggies. Die volgende oggend
was dit operasie skoonmaak.
By Monkey Bay is 'n
plek, Fat Monkeys. Dis 'n kamplek met restaurant wat maar mag pizzas maak. Hier
kan ‘n mens nogals ‘n paar dae kom sleg raak, dis goedkoop en baie mooi. Ons
ontmoet toe vir Gerit van Pretoria en sy vriend (naam vergeet) van Barberton,
ook 1150GS’s. Lyk my dis net BMW’s wat oor die grens van SA kom, behalwe Glen
met sy A/Twin. Die 4 silwer 1150’s het nogals goed vertoon so bymekaar, met Ian
se bloue tussen in. Volgende stop was
Senga, waar ons mekaar gegroet het, Johan hulle het teruggedraai deur Zambië, en
ek is verder noord op my eis. Die eerste paar dae het ek die ander se geselskap
gemis. Die AFS is iets wat ek definitief weer sal doen, ek hoop meer mense wil
saamgaan, want dis baie lekker en mens sien pragtige plekke.
Tanzanië
Ek het maar aangestoot na Dar Es Salaam, alhoewel die pad soontoe baie mooi
natuurtonele het. Jy ry ook deur ‘n wildpark waar ek Zebras, Kameelperde,
Vlakvarke, Olifante en bokke gesien het. Die ryery in Dar is maar mak in
vergelyking met Maputo, maar wild in vergelyking met die Kaap, baie slaggate wat
jy moet dodge, en die karre dodge ook, so jy moet wakker wees, want partykeer
dodge hulle voor jou in. Toe is ek vort na
Kenia, waar ek toe weggewys word omdat ek nie ‘n Carne vir die bike het nie. Sal
maar weer moet probeer, die ewenaar wag vir my. Toe is ek Zanzibar toe, 3 dae
wat ek verskriklik baie geniet het. Ek het ‘n Honda XL250 gehuur en die eiland
plat gery. Jy hoef ook nie helmet te dra nie, dis lekker tot jy uit die dorp
kom. Jy moet maar jou oë op sulke skrefies hou as jy vinniger as 60 gaan. Stone
Town se straatjies is smal en so 3 verdiepings hoog. Daar is ook nie ‘n sekere
patroon waarvolgens die strate gebou is nie, lyk soos ‘n doolhof. Het dit lekker
verken met die bike, dan kan die smouse jou nie lastig val nie. Die mooiste deel
van die eiland is die suid ooste. Dis die minste ontwikkeld vir toeriste en die
strande is baie stil en rustig. Het in ‘n kamer gebly vir $7. Stone Town was
$10. Die terug ry was weereens lang afstande, 950 km tot Mbeya in een dag.
Zambië
Die natuur in Zambië is nie iets om na te kyk nie, maar die pad is goed, so ‘n
ou kan goed vorder. Hier het ek die onderonsie met die polisie gehad (lang
storie). Eerste aand geslaap by die Kandilula waterval, toe gaan kyk hoe lyk
Ndola. 55 km noord van Lusaka is ‘n plek wat mens nie moet verby ry nie,
Frangila Farms, Boerewors, Pies, steak, alles wat jy by die huis het, kry jy
hier. Ook ‘n baie goed ingerigte kampterrein en ook gastehuis met restaurant,
gaan kyk maar gerus. By Livingstone kan
mens ook nogals ‘n paar dae spandeer. Maar alles is so duur. $10 om die waterval
te sien, $40 vir ‘n sunset cruise, $80 vir ‘n microlite of vliegtuig rit oor die
waterval. Ek het gewag tot middag om na die Vic Falls te gaan. Die waterval is
maar altyd baie mooi, veral met die sonsondergang. Iets wat vir my baie spesiaal
was, was die reënboog wat mens kon sien in die lig van die volmaan. Vir dié wat
nog nie daar was nie, die waterval maak geweldig baie sproei, daarom die
reënboog. Om dit in die maanlig 21:00 in die aand te sien, is besonders. Daar is
nie woorde om dit te beskryf nie.
Botswana
was maar net ‘n deur-ry, die deel wat ek deur was is in elk geval niks te sien
nie. Die kamplek by Nata Lodge is baie grand en ek sal verseker weer daar gaan
bly. Ek ry toe vir die eerste keer deur Elisras omgewing en ek vra myself af
hoekom, hoekom was ek nog nie hier nie. Die Limpopo provinsie is pragtig en ek
sal verseker weer terug soontoe gaan vir ‘n vakansie. Toe ek weer terug in
die land kom en so verby die mooi plekke ry verstaan ek waarvoor die boere 100
jaar gelede geveg het, dit was nie net oor minerale nie, dit was vir die mooiste
land op die kontinent, eintlik die mooiste in die wêreld. Ek dink meer mense,
veral Afrikaanse boere, moet gaan kyk hoe dit anderkant die draad lyk, dan sal
hulle dalk weer ‘n trots vir hulle land kry, en nie sommer vir enige nonsens
wegtrek nie, ons voorvaders het iets opgebou wat ons op voort moet bou, anders
lyk die land van melk en heuning soos Mosambiek of Tanzanië, gaan kyk wat ek
bedoel, jy sal in elk geval die toer baie geniet. Die laaste stuk huis
toe ry ek deur Kimberly, en kuier 2 dae by Johannes in Strydenburg. Daarvandaan
was ek nie lus vir die N1 nie, en draai af by Victoria-Wes na Loxton,
Fraserburg, Suterland. Die SALT projek vorder goed. Ek het half verlief geword
op die plekkie, ek sal maar spaar en ‘n plaas koop daar, want daar wil ek nog
gaan bly, die regte terein vir ‘n GS.Toe kom Ceres, waar die sneeu mooi wit lê.
Fluit fluit, my storie
is uit!
Ek hoop jy het my
storie geniet en mag dit jou ook aanmoedig om nie bang te wees om ons pragtige
kontnent te verken nie.
Back to Top
|
|