|
|
|
|
Atlantic Crossing
Epos gestuur 18 July
2008 4.55pm ![]() Voor ons vertrek het ek nie geweet wat om te verwag nie, aangesien ek nog nooit regtig uit op die see was nie. Ted en Jacky, die mense by wie ons gebly het, het ons kom aflaai by die hawe, waar die Queen Mary 2 was. Met die nader ry het die boot net groter en groter geraak. Langs die boot op die hawemuur is 'n groot terminaalgebou, soortgelyk aan 'n treinstasie. Ons het onself ingeboek, en al met 'n gangetjie gestap tot in die boot op die 3de verdieping, of dek, soos hulle dit noem. Ons kamer is op die 10de verdieping. Gelukkig is daar hysbakke, waarmee ons opgegaan het tot op ons kamer se vloer. Die kamar (Cabin) wat ons in is is die intree prysklas, maar is so weelderig soos enige ander 5ster hotel se kamer, met sy eie badkamer. So 2 uur in die vaart in het ek die eerste keer beweging begin voel aan die skip, andersins was dit asof jy in enige 5ster hotel rondstap. Binne in is winkels, soortgelyk aan die wat jy by 'n lughawe sal kry, met allerande 'duty free' goed. Die 7de dek is hoofsaaklik resturante, 6 van hulle op daardie dek. Die buitekant is nie heeltemal uitgerig soos gewone Cruise Skepe nie, want die weer in die Noord Atlantiese Oseaan is koud, so daar is maar min mense wat buite rond hang. Meeste van die tyd is hulle binne. Die afgelope twee oggende het ons uitgegaan vir 'n stap 'langs die see' op die 7de dek, waar jy reg in die ronte kan stap. Een keer in die ronte op daardie dek is 650m, so ons stap elke oggend so 2km vir opwarming vir die dag. Daar is ook ander mense wat dit draf, vir oefening. Daar is ook 'n gimnasium, maar ons het nie tekkies of oefen skoene nie, daarom stap ons maar kaalvoet om die 7de dek Die
see is redelik kalm, blykbaar tussen 1.25m en 2.5m golwe. Die
wind is redelik woes as jy uitgaan aan die buitekant, en soos ek
gese het dis ook redelik koud.......
|