|
Monday 26
January 2004
Foto is van
die twee (van die 3) groot Liefde in my liewe, Die eesrte liefde is
Jesus , jy kan hom duidelik sien op my 2de liefde se glimlag! Is sy nie
mooi nie? Thank you Jesus. Dan die derde, die geliefde GS wat maar te
getrou vir ons al die mooi plekke gaan wys.There's
a life out there, don't sit at home watching it go by, go and live it!

E-Pos gestuur: Saturday
February 7, 2004
Trou is nog
nuus Baie van
julle ken my al lank, ander nie so lank nie, maak nie saak, ek het nuus
om te deel. Die Here het na jare my gebede verhoor en my gebless met 'n
spesiale persoon in my lewe, iemand wat dieselfde uitkyk het op die lewe
as ek, iemand wat aan die brand is vir die Koning,iemand wat
avontuurlustig is, en man, so kan ek aangaan en julle verveel,punt is,
sy is baaie nice. Haar naam is Charmaine, nee ek trou nie met my suster
nie ( suster se naam ook Charmaine), wel my suster in Chritus.Troue is
5de Junie en ek sal baie graag almal wil nooi, maar ons albei seker meer
as 200 + mense saam,en dis net nie moontlik nie, Tensy een van julle
dalk kan "kleinerige" troue borg. Die Here is so goed, kyk net hoe baie
goeie vriende het ons,dat ons nie almal kan nooi nie. Die troue is egter
net die een helfte van die verhaal, die res sal vir meeste van julle nie
goeie nuus wees nie en ek dra dit oor met 'n traan in my linker oog. Ons
gaan op die langste en lekkerste en mees opwindendste wittebrood
denkbaar, een wat baie mense sal jaloers maak, kyk hoe bevooreg is ons!
Ons voel amper soos God se 2 bederf kinders! Prrrrrys die koning! Ons vertrek
Sondagaand 13 Junie met die GS( ek wil baie graag iets invryf, maar ek
sal myself vir eers inhou) op 'n wereld toer. Die wat ons wil kom
afsien, ons vertrek vanaf Bikers Church in Brackenfell die aand, die
kerkdiens begin 18:30. Vir die eerste 3 - 4 maande toer ons deur Afrika
en Europe. dan sal ons iewers werk om geld te verdien om verder te gaan
na waar ons Pa ons wil he, miskien Asie tot en met Austrtalie of Noord
en Suid Amerika. Ons sal seker so 3 tot 4 jaar weg wees, meer of miskien
minderGod het ons
geroep en gese ons moet dit wat ons albei al lankal oor droom, doen en
Hy sal voorsien, dis sy trougeskenk aan ons will ek amper se. Op toer
gaan ons sending werk doen,nie ander plaaslike mense nie, maar ander
travelers.God het dit baie duidelik vir my gese die plaaslike mense is
nie die siekes nie, nee dis die travelers wat siek is en hulle het ons
nodiger as die locals, in elk geval is my hart nie so sterk by die
locals nie, maar wel by die avontuursoekers en ons gaan hulle bietjie
wys hoe lyk, Jesus! Dis die beste avontuur wat daar is. God het ook gese
daar gaan wondertekens gesien word, mense gaan hulle harte vir hom gee.Ouens, ek
is so opgewonde dat die Koning van die heelal myn my beste vriend roep
om Sy woord te verkondig daar waar dit nog verkondig is nie, en ek glo
die overlanders en travelers moet dit hoor, en hulle sal, Mat 19: 28 se
mos, maak dissipels van alle nasies, God is goed, hy't ons almal in
gedagte! Ouens, een lewe kry ons, wat maak jy met joune? Ek weet wat ek
en myne gaan maak, ek gaan avontuurlustig raak vir die Koning en my lewe
geniet en my vrou liefhe soos wat Christus my liefhet.
Ek en
Charmaine se motos:
Josua,24:15 - Ek en my huis,ons sal die Here dien!
Rom 1:16 -
We'er not ashamed of the gospil of Jesus Christ!
Die van
julle wat nie die Here dien nie of selfs nie glo in God nie, sal dalk
dink ons is koekoes, dis ok, dink maar so. Hy sal julle seen, Hy's baie
lief vir jou, jy sal dit dalk wil onthou as die pawpaw die fan strike.
Vandat ek Hom aangeneem het ( iewers in 97/98) is my lewe gevul met
liefde en vrede en alles wat mooi is. Gee jouself 'n kans, ek wil graag
almal van julle in die hemel raakloop. Dankie vir die van julle wat
sulke positiewe invloed op my lewe gehad het, ek dank God vir vriende
soos julle. Die Here
seen julle almal en mag julle Sy liefde ervaar soos nog nooit van te
vore!
E Pos
gestuur: 17 Mei ‘04: Butterflies
Die dae
raak nou min en die butterflies baie, maar ons 2 is nietemin baie
opgewonde oor wat voorlê. Om presies te wees 20 dae tot die troudag en
28 dae tot die vertrekdag. Die Here is nog op die troon en sal ook daar
bly. Ons is so geseën dat ons amper nie ons lag kan inhou nie. Nou ja,
die beplanning is seker wat julle oor wil weet want so baie van julle
vra of alles op datum is en someer. Die trou
dinge is in Charmaine se bevoegde hande, alles onder beheer wat dit aan
betref, ek het myself maar meer toegespits op die trip, het so bietjie
meer ondervinding daarmee as met troues en sulke goed. Dit verg nogals
redelik beplanning en strategie. Daar is nie veel reg te kry aan die
bike nie, ek dink nie daar is ‘n beter bike vir so trip as ‘n Adventure
nie, die beste bike wat geld kan koop. Die bike het reeds ‘n groot
brandstoftenk wat 30 lieter vat en ons met gemak 450km mee kan ry. Een
van ons vroë trougeskenke (Dankie Ma en Pa Hecker) is ‘n GPS waarvoor ek
‘n bracket gemaak het wat op die handlebar vas sit. Wat pakplek betref
is daar genoeg, ek dink amper te veel. 2 lekker groot panniers vir ons
klere en weet nie wat alles nie, ‘n tankbag vir padkos en kamera en
papiere en padkaart ens, agter carrier wat ons huis, stoelle, en
beddegoed sal dra en nog 2 carriers voorop die crashbar vir die
gereedskap en nood onderdele. Ons gaan in die boendoes, so ons moet maar
voorbereid wees. Ons sal later uitbrei op wat gepak word, sommer so ‘n
verkorte lysie maak. Die einde van die maand gaan die GS in vir ‘n
deuglike diens waar alles gedoen word, alle olies en filters en
remvloeistof sal vervang word, asook die altenator belt en die tyres
(wat eintlik al lankal vervang moes word.) Die
papierwerk is nou weer ‘n ander storie, het besluit om die trip meer
flexable te maak deur visums te kry op pad en nie vooraf nie. Een van
die belangrikste dokumente is die Carné de Passage. Wat is dit vra jy
seker nou? Lang storie kort, dis ‘n dokument vir die bike wat jy by die
AA (RSA) kry en kos so R2500 en nog ‘n R20 000 deposito wat jy terug kry
as die bike weer terug in RSA is, as die bike nie terug kom nie, verloor
ons die geld, so, die bike KOM terug. Sonder daardie papier sal ons net
kan gaan tot in Tanzanië. Ons weet
nie tot waar ons gaan nie en ons weet nie hoe lank ons gaan weg wees
nie, so moet asb nie vra nie. Ons gaan waar koning Jesus ons heen lei.
Zimbabwe mag dalk by ons lysie kom as die Here dit so wil hê, daardie
besluit sal ons by die grens maak. Nog ‘n land wat ek glo ons ook sal
besoek is Djiboeti, klein landjie aan die rooi see noord van Etihopië.
Ons CMA colours is met velcro vas aan ons baadjies nie omdat ons
voorsiening maak vir backslide nie, voor julle dalk vra en wil jokes
maak daaroor. In Sudan word christene vervolg en ons weet nie wat die
vibes is in die midde ooste nie, daarom sal ons genoodsaak wees om dit
af te haal, ek beplan nie om in die tronk te gaan slaap nie, verseker
nie.
Dankie vir almal wat in verbinding bly, Amanda kry die prys so ver vir
die beste terugvoering, dankie. Dan is daar heelwat van julle wat oulike
goed forward , dankie, maar nee dankie, moet dit asb nie stuur nie, al
is dit hoe mooi, dit word nie gelees nie. Die rede daarvoor is ons gaan
dalk ‘n lang tyd nie mail kyk nie en as ons dan by ‘n kafee kom en kyk,
is ons inboks oorlaai van 100de mail wat einlik net ons tyd en geld
mors. ‘n brief wat jy tik is wat ons soek, of ‘n foto of enige nuus of
sulke goed.Die fotos is hoe ons 3 lyk, Ek, Charmaine en die GS Ek bid dat
die Here julle seën en julle gebede sal nou welkom wees, vra God om ons
rustigheid te gee en kalmte en wysheid voor die troue.
E mail sent: L’Agulas
to Paarl
28 May, 2004
Every journey has to start
somewhere right? So we decided that ours should also start at a special
point. Our choice was between Cape point or L’Agulas and we decided to
make it L’Agulas.That happened last
weekend. We’re still around but choose to go down to the southernmost
point of Africa to go and zero the GPS in the mean time. I’l let you
know how our trip meter on the GPS is doing. Now it stands on the
following: Trip odo 270km Moving time 3h 21min, Moving avg 80.3km/h,
Max speed 123km/h We went from there through
Bredasdorp to Stanford to Hermanus to Caledon to Franshoek and Paarl. We
both finished working today. Our plans for the next 2 weeks look like
this. Sat 5 June Get married Sat 5 –8 June We’ll be on a special
honeymoon at ……………..? we’ll tell you later
Sun 13th June
If weather is good we will do a ride around the Peninsula incl.
Chapman’s peak and anybody who wants to come ride with us on that day
around the point are welcome, let us know.The evening we’ll be greeting
everybody at Biker’s church in Brackenfell and leave from there after
the church service, please come say good bye. Don’t stay away because
it’s a church, please come.If you need directions please let us know.
Church service starts at 18h30 We’ll be using Charmaine’s
cell no as a sms contract only, you may sms us any time. No is +2782 552
4057We’ll write again after
wedding and special h/moon.Have a good time and we
pray that Jesus will be bringing joy to your day, because the joy of the
Lord will be your strength. (Neh8:10)
On the 8th May
my sister
Cheryldene gave me an African Tea instead of the normal Kitchen Tea.
Cheryldene decided we needed a back up bike.
 Wedding
Day
The wedding took place
between Johan Claassens of Paarl and Charmaine Hecker of Table View on
the 5th June 2004 at the Mofam Ski School in Elgin. The venue for the
wedding was stunning ( Thanks to Derek & Sharon) web site
www.mofam.co.za
Eventhough the heavens
opened, it did not put a damper on the day.
Our grateful thanks to all
our friends and relatives who braved the weather to help make our day so
very
special
E mail sent: Thursday
10 June 2004
Just back from 4 day
honeymoon. Wedding was a great success on Saturday. After the wedding we
left on the 1200GS(thank you John
of Trefco) for Ladismith where we stayed
at Mymering Country Estate. It's in the mountains and very peacefull.
Monday
we left in pouring rain and went through Anysberg to Lainsburg(dirt
road!), Touwsriver to Kagga Kamma Lodge in the Cederberge.
.

13 June 2004 after evening service at Bikers Church
Brackenfell we started our epic journey around the world.
Back to
top |