|
| |
Canada
Epos gestuur 2 August 2008 11.35am
Kanada is pragtig.
Die 27ste
Julie is ons oor die grens tussen New
York staat en Ontario, by 'n klein dorpie met
die naam van Johnstown.....
Ons eerste indruk van Kanada was dat die
snelheidsperk in km/h aangegee word, en nie m/h,
soos die VSA nie. Spoedgrens is ook belaglik
laag, 90km/h. Ons ry darem nie gewoonlik veel
viniger as dit nie, so dit het ons nie so baie
gepla om so stadig te ry nie, maar ons moes 'n
enorme 2000km deur Ontario afle. Van Johnstown
af is ons reguit noord en verby Ottawa. Die
ongewing is digte bos, maar 'n ander tiepe bos
as in New York. Die bome is meer 'n tiepe van
denneboom, maar ook anders as die wat ons by die
huis het. Die padopervlakte is heel goed, en ons
kon met redelike gamak afstand inkry.
Dit was jammer dat ons nie meer tyd in daardie
staat kon spandeer nie, want dis pragtige
wildernis area met min mense. Oorals waar ons
stop, hetsy vir petrol of vir 'n snack, kom
gesels die vriendelike locals met ons. Sodra ek
my mond oop maak dan hoor hulle my aksent is
vreemd, en dan volg die :'where'
you from?'
vraag, en dis gewoonlik eers so uur latre dat
ons weer in die pad kan val
.Die aand van die 27ste Julie
het ons kamp opgeslaan by 'n dorpie met die naam
van Eganville. Met die stilhou kom die buurman
al met 'n bier in die hand oorgestap om te kom
gesels. Hy bied ons sy braai aan en se ons kan
kom kos maak in sy tydelike opslaanhuis. Man,
die Kanadese mense is darem vriendelik! Die
volgende oggend is ons eers na 10 daar weg,
aangesien die tent nat was van dou gedurende die
nag. Van Eganville na North Bay is 'n pragtige
pad langs 'n groot riviier, en omtrent geen
ontwikkeling of mense nie, regte ongerepte
natuurskoon uit die boonste rakke.
Na North Bay in
'n Noord Westelike rigting is die pad dieselfde,
ongerep en pragtig. By 'n dorpie waar ons
inkopies gedoen het by 'n supermark, kom gesels
daar 'n toppie met my terwyl Charmaine die
winkel is is. Hy het eerstens die sticker voor
op die bike wat se, I'm
not ashamed of the gospil of Jesus Christ'
opgelet, en vra toe net na hy homself voorstel
hoe ek Jesus aangeneem het as my verlosser.
Daarna het ek hom vertel en soos gewoonlik, gaan
'n uur of selfs meer verby. . . . Hy is ook 'n
Christen met 'n hart vir die wat nie glo nie.
Toe ons daar van
hom af wegry, besef ek net hoe lekker dit is om
weer in 'n Christen omgewing en land te wees.
Daar is niks so lekker om met mense op straat te
gesels oor die liefde van Jesus nie, ons praat
egter dieselfde taal. By Iron Bridge is ons
noord na Chapleau, oor die 200km van niks anders
as wildernis nie. Dis op hierdie pad waar ons
gekamp het, en amper heeltemal opgevreet is deur
die miskiette, mens, die goed het geen respek
vir Peacefull Sleep
of sulke goed nie,
steek jou selfs op jou kopvel deur jou hare!
Gelukkig kan ons hulle uit die tent hou terwyl
ons slaap.
Daar is ook baie bordjies wat waarsku teen Moose
in die nag. Nou 'n Moose is 'n grooter weergawe
van 'n Takbok, en ek is nie seker van die
Afrikaanse naam nie, maar die goed is groot,
soos 'n Eland. Ons het gehoop om hulle te sien,
maar geen geluk vir ons nie. Ons het wel 'n
groot wollerige Swart Beer gesien, Takbokke,
Hase en soo aan. Die volgende dag
het ons 800km gedoen tot by Thunder Bay, ons
langste dag nog sedert Dubai. Die aand 12 uur
het ons by die grenspos aangekom tussen Ontario,
Kanada en Minisota, VSA.
Wel, dit moes net 'n leiding gewees het
van die Heilige Gees, want die prosedure het ure
geneem. Die feit dat ek 'n Pakistan en Iran visa
in my paspoort het, en ook nie 'n vaste werk nie,
was vir hulle 'n kommerwekkende punt. Hulle het
my redelik deeglik ondervra oor watse werk ek
gedoen het (soos bomme bou of so?), wat ek
gedoen het in Pakistan en Iran, en so aan. Toe
word die bike deursoek sonder ons
teenwoordigheid. Hulle het alles uitgepak en
deurgegaan. Ons is al deur 23 lande, en dis die
eerste keer dat ons deursoek was. Nie eens in
New York was die bike deursoek nie, dit was
seker maar net ons beurt. Ons is lank na
middernag daar weg en slaap toe sommer langs die
pad by 'n piekniek plek, so 10km van die
grenspos af. Die volgende oggend, of sal ek se
later die oggend toe ons opstaan, toe sal ons
eers die "geen kamp of oornag" bordjie
sien. . . . . . . . . . . . .Welcome back to the USA!
Epos gestuur 23 Augustus
2008 12.59am
Ons is nog aan die gang, en nog op die
Alaska Highway. Die wereld is pragtig en wyd
hier!Hier is geen selfoon opvangs met ons VSA of RSA foonnie. Die
internet server laat my ook nie toe om enige e-posse te stuur
nie. Hierdie is net 'n kort possie om te se ons is nog veilig en
honkiedories. (gestuur vanaf die internet)
Vanaf Calgary het ons een aand net buite Jasper
geslaap, die volgende dag deur Grande Praire
deur gery en net buite Dawson
Creek geslaap, die volgende dag net buite
Nelson Creek geslaap, en die volgende dag (gisteraand)
by Watson Lake geslaap. Dit reen meeste van die tyd, maar ons is
lekker droog, danksy ons nice reen klere wat ons in Skotland gekoop
het.
Dit is egter so bietjie koud
hier, meeste aande is dit
onder 2 grade C en so 10
- 14 in die dag. Tussen Dawson Creek en Nelson Creek was dit 6 grade
heel dag lank! Brrrrrrrrr. Ons is nou by Tesla, en beplan om vanaand by Whitehorse te slaap.
Ons is nou amptelik bo die 60 grade lyn Noord, meer noord as wat ons al
voorheen ooit was! Ons het nog 'n uur vorentoe aangeskuif en is nou 9
ure voor jule. In Alaska sal ons nog 'n uur aanskuif, so dan 10 ure verskil.
Die GS loop nog bakgat en ons geniet onself gate uit!
Lief vir julle en ons praat weer hopelik vanaf Fairbanks, Alaska.
Epos gestuur 24 Augustus 2008
8.41pm
Ek sit nou hier by 'n kamp-tafel voor die rekenaar en dink wat ek vir
julle daar by die huis kan skryf. Ek
klink seker al soos 'n plaat wat vasgehak het met baie van my e-pos
briewe, want omtrent in almal se ek net hoe mooi die plekke is.
Maar dit is so, elke land wat ons besoek is vir ons net mooi. Dit
verbaas my egter hoe baie mooi plekke daar in
die wereld is. Die VSA het 'n baie besonders
en unieke landskap, as ook kultuur, so ook
Kanada. Al is die twee lande teen mekaar en op
dieselfde vasteland, is hulle baie verskillend van
mekaar. Albei is geseen met pragtige natuurskoon. Dis so lekker
om in 'n land te toer waar mense mooi kyk na hul omgewing en natuur. Die mense
van die VSA en Kanada is baie natuur-bewus.
Dis die een deel waar Afrika en die Midde
Ooste baie te kort skiet. Ons is tans besig om die bekende Alaskan Highway te ry, ek bedoel nie
nou nie, want op die oomblik tik ek op die
rekenaar, en Charmaine is aan die kos maak vir
aandete. Ons het al so 600km op die Alaska Highway gedoen. Jy
ry nie die Alaska Highway in een dag nie, nee, sommer 'n paar dae
as jy ry soos ons. Vanaand se aandete is smash en 'n blikkie 'stew', met
Rooibostee. Dis nou 19:00 en die tempratuur is net onder die 10
grade. Die lewe op die pad is 'n ander tiepe
lewe, 'n tiepe wat nie vir almal beskore is
nie. Dit kos maar opoffering, en partykeer vasbyt, maar as ons so deur
die Kanadese woud ry op een van die paaie waaroor ek al my lewe
lank droom, dan gee ek nie om wat ek hoef op
te offer nie, kom reen of sneeu, geniet sal ek
hom geniet! So gepraat van reen, ons het die
afgelope 2 dae in harde reen gery en ook
gekamp, nie die lekkerste manier van kamp nie,
maar dis maar die verloop van die lewe vir lang pad avontuur
lustiges soos ons. En ja, die Alaska
Highway is nie in Alaska nie, dis in Kanada, net ingeval
jy gewonder het. Die pad is gebou deur die Amerikaanse weermag om
troepe na Alaska te vervoer gedurende die koue oorlog met Rusland,
meer hier oor op 'n
later stadium. Sedert Dubai is ons al 3 maande op die pad en aan die gang, en het al
oor die 20,000km afgele. Ons boude het teen
die tyd al die vorm van die GS se saal
aangeneem, maar ons kla nie, want dit is wat
ons ervaar op die manier wat ons dit doen sal
jy nooit kan ervaar in 'n paket vakansie of jou
gewone wegbreek nie. Jy sien. . . . . ons toer met ons hart, en
nie met ons verstand nie.
In die rigting van Alberta, Kanada.
Die aand slaap ons in Calgary, en so ook die
daaropvolgende 2 aande, net om so bietjie te rus en op te vang met
agterstallige rekenaar werk. Ons het nie veel gesien in Calgary
nie, maar dit wat ek gesien het kon maar net
sowel Bloemfontein gewees het. Die twee lyk
vir my dieselfde. (wys jou hoe baie ek van Bloemfontein af weet?)
Maandag is ons weg by Calgary en het deur die Banf en Jasper
Nationale Park gery. Die 2 parke is so 500km
lank met pragtige bergagtige landskap. Ons het baie glasiers gesien en sommer naby een van hulle verby gery
(Colombia Icefield). Twee dae later is ons by Dawson Creek, aka
"Mile Zero" van die bekende Alaskan highway.
Die naam Dawson creek sal dalk vir van julle
bekend klink, daar was mos so soupie op die TV 'n paar jaar
terug. Ons is deur Dawson Creek en het so 50km buite die dorp by
'n kampterein gekamp. Al hierdie kamp tereine in Kanada het Beer
waar skuwings, so ons kamp maar
versigtig en kom al die kamp reels noukerig na.
Ek het al gesien watse amok maak 'n bobejaan in 'n kampterein, so is
nie lus om met beer se kind te sukkel nie.
Die Kanadese kamptereine is goed ingerig met
bankies vir al die kamp areas. Die nadeel is dat daar nie
storte is nie, want meeste mense kamp met RV's of karavane met
hul eie storte. By die een kampterein het 'n
egpaar ons oorgenooi om ontbyt saam met hulle
te eet. Peter en Diane is van Edmington en het vir so week
wegebreek in hul karavaan. Hulle gebruik die karavaan om in te
woon in Arizona(VSA) vir die vier winter
maande, waneer dit te koud is in Kanada. Die
karavaan is geweldig luuks binne-in, en word gesleep met 'n meneer van
'n Dodge-bakkie. Dit hak aan soos 'n vragmotor se sleepwa, en is
amper ook net so groot. Binne in is 'n
hoofslaapkamer met dubbelbed en toilet, wasbak
en stort. By die deur is die kombuis area met stoof, wasbak en
sitplek vir vier. Langs die kombuis is 'n leefarea met
sitkamer-tiepe rusbanke (sleeper coach
vir gaste) en 'flatscreen' TV
ens Ja, ons sal noggals nie omgee om in een van
hierdie karavane te bly nie, never mind
ons ou 2-man tentjie! Ek sal julle in 'n volgende e-pos meer vertel van ons werervaringe op
die Alaskan Highway.
Vir die gene wat meer van ons toer wil sien,
moet na die vele mooi fotos gaan kyk op my
profile op facebook, en ook die vele videos op youtube, ek
het nog twee opgelaai (Queen Mary2 en New York), so gaan kyk
gerus. Ons youtube username is jc4ever2.
Groete en liefde vir almal by die huis. Dankie vir julle ondersteunende
briewe en gebede aan ons.
Epos gestuur 28 Augustus 2008 8pm
Ons epos wil nog nie vanaf
die rekenaar stuur nie, so hier is net so
vinnige update vanaf Fairbanks. Ons het 2 aande hier geslaap, het 'n nuwe agterband en nuwe voor rim op
die bike gesit. Agterband was moeg en die voor rim gekraak, ek
dink van die koue en al die knocks in Kenia
destyds. Die voor wiel het stadig lug verloor
deur die kraak. So die GS is nou weer tip top, of ons hoop maar
so, sal maar daardie agter bearing dophou,
so far so good.
Ons ry more noord verby die Noordpool sirkel, of die Arctic
circle, tot by
Coldfoot, en die volgende dag na
Deadhorse, langs Prudhoe
Bay. Daar bly ons dalk 2
aande, en kom dan terug suid na Fairbanks...........
so 4 dae. Die weer voorspelling lyk goed, en hou duim
vas dat ons die 'Northern Lights kan
sien, daarvoor moet ons 'n wolklose nag he.
Email sent 2nd September 6.44am
Dawson Creek to Fairbanks The Alaskan Highway
Since the last email i sent, we have been experiencing the Lords
greatness every day. At the moment I am sitting in a camp site in Fairbanks,
Alaska. It is really chilly, only 4 degrees celcius this morning and
now it has warmed up to 9.7 degrees. The leaves on the trees are changing
colour from green to yellow to orange and every now and then, one comes
drifting down to the ground. Such a pretty sight. It is 11h20 and the
birds have only just started to fly around and chirp, it must be the
cold
weather!! To recap what has happened - after Sturgis we headed west through
Wyoming - Cody, Yellow Stone National Park, Beartooth Mountain were we had our
first experience at some real cold camping weather and then north into
Montana - Bozeman and to the little town of Columbia Fall which is the
southern entry to the Glacier National Park. We stayed with Howard and
Barbara, CMA members,
who spoilt us rotten not only with good meals but
also with the food of the Lord by sharing wonderful testimonies. May
the Lord continue to bless them for their generosity and hospitality.
Barbara took us on a conducted tour through the Glacier National Park, stopping
at all the good view points with the most beautiful scenery. What a
blessing. We finished off the day by having a late lunch of yummy soup
and a huge chicken BBQ sandwich and huckleberry ice-cream!
We crossed back into Canada and spent 2 nights in Calgary where Johan
made backups of our photos and we posted them home for safe keeping.
The
route we travelled took us through Banff and Jasper National Park. The
mountains in these two parks are snow capped and have glaciers.
Tourists can go for a ride in a 4x4 bus on the Colombia Ice-field, amazing. The
camp sites all have bear warnings, so we are very careful not to keep
any food in the tent. Most of the camp sites have specially designed metal
food storage boxes placed away from the camping area. The garbage bins
are also huge big metal things with a lid and catch that the bears
cannot open. The first evening at one of these camp sites was rather nerve
racking. We arrived late, pitched the tent and then I had to cook
dinner. I tell you, I kept looking over my shoulder to see if a bear was
following the smell of the food cooking. Johan kept laughing and could
not believe that I was so nervous. Oh well, it was more worrying
because of my lack of knowledge on bear behaviour than anything else. As Johan
pointed out - none of the camp sites are fenced in, so that would mean
that the bears are not so much of a problem and more than likely they
move away from the areas where we make noises. After speaking to some local
campers, they assured us that the bears are not normally seen in the
camp areas but on some occasions they are seen on the hiking trails. Tee hee
hee, now I can laugh at how nervous I was.................
From Jasper we headed north to Grande Prairie, the road goes through
pine and fur tree covered hills as far as the eye can see, up, down, left and
right, kilometre after kilometre after kilometre. The temperature was
dropping all the time and it was raining on and
off..... not very interesting for the photographer - who had to keep the camera out of the
rain! Slowly but surely we made our way to Dawson Creek - the beginning
of the Alaskan Highway.
We stopped and took the necessary picture at
the Mile Zero marker; a new part of the adventure was just beginning. On
one of the evenings we camped at Tetsa Provincial Park. Yet another
beautifully laid out camp ground amongst the trees and next to a river.
The lady that looks after the whole site for the summer said that there
are black bears in the area but as it had been raining the bears would
be higher up in the mountains and that the bikes panniers would be okay to
store food in. We reached another mile stone in the journey by crossing the 60 degrees
North line of latitude, this is the furtherest north we have ever been!!
We had also entered the Yukon area. The weather was getting colder and
it seemed to rain most early mornings - which meant that the tent was never
fully dry! But praise the Lord; it has always been dry when we set up
the tent.... For the first time after a couple of days we camped in a RV
camp ground at Watson Lake... this meant HOT SHOWERS! Yippee, it was good to
be fresh again. It rained again that evening but we were able to hang
the tent up to dry on the veranda of the conference centre. We sat on the
floor and had breakfast and were entertained by a very inquisitive
little squirrel. He could smell the bread that had been in the panniers, so he
was all over the
GS then his nose found the whiff coming from the area
where I was sitting making the sandwiches.... yes he came right in front
of me and was nudging at the plastic packet trying to get to the bread.
It was wonderful to watch him so close but I did not let him get any
food as he should not get used to humans giving him food!
As we were getting ready to pack the last few things I mentioned to Johan that he should
check the tyre pressure as the front wheel looked a bit flat. On closer
inspections he discovered that it was not just a normal puncture but the
air was leaking between the side wall and the rim. This was a worrying
factor - the rim had a crack! The rim did get a knock in it way back in
Kenya, and now due to the extreme cold at night (below 0`C) the metal
was finding its weak spots!! Johan phoned the closest BMW which was in
Fairbanks Alaska and ordered a new rim for US$1090-00; so from there on
we both kept a close eye on the front tyre pressure.
The road and scenery was beautiful, and we cannot compare it to any other area. The Alaskan
Highway sure was worth travelling on. We went through Whitehorse and
camped at Fox Lake. Once again we left the camp site later than
anticipated as we waited for the tent to dry off a little before packing
it away. The tyre lost quite a bit of air during the night and Johan
decided to use good old super glue on the problem area.... he deflated
the tyre, pushed it away from the rim at the crack while I put on the glue,
then he pumped up the tyre..... it stopped leaking! Hallelujah, thank
you Jesus. Fairbanks and the new rim was still 1000km away!
The Lord blessed us with more wonders of His creation; the trees were
starting to show the colours of autumn. Every now and then we would see
a yellow tree amongst the mass of green trees. What an awesome sight. I
did not know that two people could get so excited about seeing a yellow
tree... but unbeknown to us the Lord had more surprises waiting for
us... we arrived in the beautifully maintained and restored historical town of
Dawson City. It is an old 'gold rush' town similar to Kimberley. Many
of the town folk in the historical building are dressed in the fashion from
the early 1900. The income for the town is still gold mining, tourism
in the summer and in the winter the Yukon Quest - the longest dog sled race
comes through the town (Whitehorse to Fairbanks)!
Once again we packed
up in the rain and eventually left Dawson City by crossing the Yukon River
on a ferry to do the 'Top of the World Highway' to Tok. What an awesome
road and the scenery was just breath taking. Only our good Lord can create
such an amazing site that can take your mind off the fact that you are
travelling in conditions of 3'C down to 0'C.... yes it was freezing and
at the top of the highway the snow was falling. Praise the Lord, what an
experience! It is hard to describe the picture the Lord put in front of
our eyes - picture the west coast when it is as its best with the fynbos
wild flowers, colourful and spectacular - our view was not of flowers
but of leaves... from green, to yellow, to orange, to red, to browns and all
the colours in between. The only flowers where little white ones and
the odd purple ones next to the road... words do not give justice to the
glory of God's greatness in the picture He painted for us.
The first town we stopped in, in Alaska was Chicken! Yes, that is the
name of the little town with the population of 8 and a three legged dog.
The miners that started the town could not pronounce or spell the local
Sioux Indian name for a bird so they called the town Chicken. The town
has a post office, souvenier shop with fuel, pub and a
restaurant. Oh,
and the chicken poop... the long drop toilet! Well worth the stop for
something warm to eat and drink. After warming up and filling the bike
with fuel we headed down toward Tok. It was drizzling and cold but we
found a really wonderful camp site called the Thomson's Eagles Claw
Motorcycle Camp, yep they love bikers. And there were no RV's. The
camp area is set up amongst spruce trees with a ground covering of the
thickest softest moss carpet I have ever seen. There are little plants with
berries, ferns, toad stools and mushrooms sticking up through the moss,
a real children's fairy tale picture (I kept thinking that I would see
pixies and fairies). There is an area to pitch tents or you can stay in
the teepee, the little tent-house or bunk house. Each has a place to
relax outside with a flowering pot plant on the table, a woman's touch
I'm sure. They also set up a little gas stove under a shelter where we
could heat water for washing. It was really chilly that evening and the next
morning as we were heading out of town we saw the fresh layer of snow on
the mountains.The scenery on the road north was still spectacular with the bright
yellow and orange of the autumn colours changing the leaves of the trees. The
air was really crisp all the way to Delta Junction which marks the end
of the Alaskan Highway.
We stopped at the visitors centre for a coffee and
to take some photos of the GS at the highway marker. By the time we were
ready to leave the sun had come out and we were warming up nicely.
The next stop was the North Pole... and Santa's house! This town is about
10 miles before Fairbanks and is a tourist attraction because someone
clever put up a huge Santa's House next to the highway. We went to have a look
and were rather disappointed as it was not a 'toy factory' as we thought
but a shop selling all sorts of Christmas decorations.... and very
expensive coffee! The only interesting thing was the real live reindeer
in an enclosure outside.
We arrived mid afternoon in Fairbanks in wonderful sunshine and went
straight to BMW to see if the new rim had arrived. Thankfully it had
arrived at lunch time and we were also able to get a new back tyre.
Another blessing is that the Chena Wayside camp site is only about 3km's
from BMW, so it was not too far to travel before we could set up camp
for the evening. The next day we were
blessed with another rain free day.
Johan and his assistant (me) could change the front tyre onto the new
rim and put the new tire on the back rim - bush camp style. It was a great
feeling knowing that the GS was back in good shape again for many more
kilometres to come, thank you Jesus.
Email sent 13 September 2008 .............Kitwanga
We've stopped at Kitwanga for lunch, on
our way to Prince George. Everything is cool and we
are enjoying a nice sunshine day, the first since
leaving Fairbanks! The road is great, bike is great, scenery is
fantastic!
Email 19 September 2008 5.36am
We are safely on the outskirts of
Vancouver. Done just under 1100km today!
Epos gestuur 24
September 2008..............Alaska na Vancouver - Kanada
Ons is terug in
die VSA, die keer Washinton Staat. Ons het Kanada geweldig
baie geniet, veral die provinsie British Colombia. Die
motors se nommerplate heet: "Beautifull British Colombia",
en ons kan saam stem dat dit wel pragtig is, verseker die
mooiste provinsie in Kanada wat ons gesien het.
Terug na die VSA,
toe ons die oggend by Tok (Alaska) weg is, was dit vrek koud,
maar ons was teen 8:00 sterk op pad. Die grenspos prosedures
tussen Alaska (VSA) en Yukon (Kanada) was eenvoudig, en het
ons nie baie opgehou nie. Ek wou graag al die pad ry tot by
Watson Lake, maar ons kon nie die 1000km in die koue in een
dag af le nie. Na elke 150km het ons gestop by 'n winkeltjie
om koffie of iets warms te drink. Hierdie koffie stoppe duur
gewoonlik so 45min tot 1 uur. So teen 18:00 se kant was ons
eers by Whitehorse (halfpad) en besluit toe maar om eerder
daar te oornag as om in die koue en donker aan te ploeter.
Die aand toe sak die tempratuur weereens tot by vriespunt.
Ons redelik ingerig om in meeste omstandighede te kamp, maar
die koue temprature in die Yukon het ons so bietjie onkant
gevang. Ons slaap in volle lengte klere, met 'n 'thermal
blanket' onder en bo ons. Die goeie ding van ons toer op die
huidige stadium is dat ons Suid ry, en nader aan die Ewenaar kan
dit mos net warmer raak. Die volgende oggend by Whitehorse
terwyl ons kamp opslaan, raak ons buurman aan die gesels, en
gee ons omtrent nie kans om op te pak nie. Alexander is 'n
Amerikaanse onderwyser wat na Kanada geimigreer het. Hy ken
die area baie goed en het vir ons baie goeie raad gegee van
die omgewing en kamptereine suid van Watson Lake. Soos baie
ander Amerikaners met wie ons al te doen gekry het, word
politiek ook later deel van die gesprek, en soos al die
ander met wie ons gesels het, is hulle bekommerd oor die
verkiesing wat voorle. Ons is eers laat
die oggend weg by Whitehorse, en het goed tyd opgemaak op
die redelike eentonige Alaskan Highway tussen Whitehorse en
Watson Lake. Net voor Watson Lake het ons afgedraai vanaf
die Alaskan Highway op die meer interesante Cassiar Highway,
'n pad wat reguit suid loop deur pragtige berg-agtige terein.
Dit was steeds koud, maar die pragtige terein waardeer ons
gery het het ons gedagtes weg gehou vanaf die gedagte hoe
koud dit was, of meskien het ons al meer die koue begin
gewoond raak? Wat ook al, dit was wel koud en ook pragtig.
Ons het een aand langs die pragtige Boya Lake gekamp, en die
volgende dag gery tot by Mezidan Lake, waar ons 2 nagte
deurgebring het. Daar het ons 'n egpaar op fietse ontmoet,
Harry (Holand) en sy vrou (Argentinie) ry hul fietse vanaf
Prudhoe Bay na Usiua, en julle het gedink ons is braaf?
Ons
het ingery na Stewart, en het die pragtige Bear Glasier
gesien.
Ons Suid Afrikaners is mos nie regtig Glasiers
gewoond nie, en elke keer as ons een sien dan hang ons bekke
behoorlik oop. Glasiers is regtig pragtig, en party van
hulle het 'n blou kleur. Enewil, die volgende dag het ons
afgery tot by Smithers, waar ek die gerugte GS
se agterwiel
bearing voel grof word. "Ai", dog ek by myself, "dis nou die
laaste ding wat ons nodig het!" Teen die tyd dat jy voel die
bearing raak grof, kan jy gelukkig wees om nog 'n 100km af
te le voor die ding heeltemal die gees sal gee. Sien, ek
weet al, want dis die 3de keer dat dit gebeur! Gelukkig is
Smithers 'n groterige dorp met heelwat onderdele winkels,
waar ek hopelik 'n nuwe bearing sal kry. Ek trek toe af en
stop by een van die motor-onderdele winkels, in die hoop dat
hulle my bearing in vooraad sal he. Net toe ek in die winkel
instap, stop daar 'n ou met 'n KLR en vra waar ons vandaan
is, en al die ander vrae wat daarmee gepaart gaan. Nodeloos
om te se, die onderdele plek het nie die bearing in vooraad
nie, en om dinge aan te dik, is dit nog Saterdag namiddag
ook, so om een te bestel sal moet wag tot maandag
Die ou
met die KLR, Paul, nooi ons toe om by hom te kom oorbly. Hy
bly in Houston (British Colombia), 60km suid van Smithers.
Hy kon egter met ons simpatiseer, want sy GS se bearing het
ook opgepak toe hy onder in Texas was met 'n toer 'n paar
weke vantevore. Wel, die Here het natuurlik hierdie
ontmoeting beplan, want Paul het nie net 'n volle toegeruste
werkswinkel by sy huis gehad nie, hy was ook 'n tandaards.
Ek was in nood vir 'n tandaards. 'n Maand tevore het ek my
tant gebreek, en redelik baie pyn verduur met ons rit op na
Alaska. Charmaine het selfs my tand op een geleentheid
vasgeplak met superglue, maar dit het nie lank gehou nie, en
die tand het weer gesplit op die kraak. Enewil, Paul en
Gerrie (sy vrou) het ons geweldig gebless, en my
tand-probleem uitgesorteer deur die tand te trek, geen
onkoste. Dankie Paul. Die bearing het
slegs 20,000km gedoen, darem beter as die vorige een wat in
Engeland gebreek het(10,000km), maar nie nastenby goed
genoeg vir my nie. Die 1150GS is bekend om gou deur
agterwiel bearings te gaan. BMW het nie regtig raad nie, en
op al die GS forums op die internet wara-wara almal net oor
die bearing storie, met geen maklike oplossing vir die
probleem nie, ek glo dis net 'n swak ontwerp. Die GS is nie
regtig ontwerp of bedoel om swaar gewig te dra nie. Ek het
besluit om nie weer 'n Duitse FAG bearing in te sit wat BMW
aan jou verkoop nie, en het 'n Japanese NSK bearing (85 x120
x18) bestel en ingestaleer, so ons sal maar sien of die NSK
beter sal vaar as die FAG. Ek het egter verder navorsing
gedoen en gaan vorentoe op die toer 'n ekperementele bearing
instaleer, maar sal vir eers die inligting vir myself hou en
indien dit werk met julle GS manne meedeel, so
"whatch this
space"
Donderdag, 18de
Sep, is ons die oggend 7:30 weg vanaf Paul se huis in
Houston. Vir die volgende 200km was die tempratuur onder 5
gradeC, koud. Ons was egter vasberade om te ry tot by
Vancouver, en het onself geforseer om aan te stoot en nie
lank te spandeer by die stoppe nie. So 400km voor (noord)
Vancouver het ons deur 'n area gery (Cache Creek) wat
identies soos die Klein Karoo gelyk het. Dit was amper 'n
kultuurskok om so 'n terein in Kanada te sien. Die bossies
was klein, en die area bruin en droog, amazing! Ja, British
Colombia is waarlik 'n besonderse provinsie met 'n groot
verskyndenheid van natuur en vriendelike mense. Interesant
genoeg, oorals waar ons aan die gesels raak met mense, se
hulle dat hulle dokter is 'n Suid Afrikaner. Ek hoop regtig
nie dat al ons dokters hierheen getrek het nie, anders sal
ons maar sukkel daar by die huis. Ek glo wel dat dokters 'n
fantastiese lewe kan lei in Kanada, so ek neem hulle nie
kwalik nie. As jy met die koue winter weer kan klaarkom, lyk
dit na 'n goeie land om in te woon. Paaie is goed, mense is
vriendelik en eerlik, die natuur is pragtig en die lewe is
net lekker gemaklik, hoekom nie? Die aand 19:30
trek ons in by die buitewyke van Vancouver, 1100km vir die
dag, nie sleg nie. Dit was donker, so ons het eers die
volgende oggend gesien hoe pragtig die kampterein werklik is
waar ons gebly het. Woorde kan dit nie regtig beskryf nie,
maar dit lyk omtrent soos 'n sprokies prent omgewing. Ons
het 2 aande daar deurgebring, en die dag in die stad ingery
na die BMW agentskap om 'n nuwe vonkprop draad vir die GS
aan te skaf. By die agentskap op die vertoonvenster let ek
'n GS800 met 'n CEY nommerplaat op, ja, 'n Suid Afrikaanse
nommerplaat in Vancouver! Na ek die verkoopsman gevra het,
vind ek uit dit behoort aan 'n Kanadese ou wat met sy KTM in
Suider Afrika gaan toer het, en terugekom het met 'n nuwe
GS800, want die KTM het gebreek en hulle kon dit nie regmaak
nie. Wel, met al sy nukke is die BMW nog steeds die beste
keuse vir enige lang afstand toer, los maar die KTM's vir
Alfie en die Dakar Manne.
Back to Top |