|
Islamabad besoek
Skrif ingevoeg:
Januarie 2008
Ek het die vooreg gehad om namens my werk Islamabad, Pakistan
te besoek. Nadat ons vir een en halwe jaar in Dubai ‘gestrand’ was, was dit
‘n wonerlike ervaring om weer in ‘n normale land te kon wees. Ek beskou ‘n
land as normaal as daar ‘n verskydenheid is, arm en ryk, normale plantegroei
en vriendelike mense. Dit het ek als beleef in Pakistan. Ek het ‘n rook area
filtreer systeem geinstaleer by die lughawe en was omtrent so 2 weke daar in
2 besoeke. Later was ‘n 3de besoek ook nodig en dit was gedurende my
verjaarsdag. Ek het dit gesien as ‘n groot seën, aangesien ek my verjaarsdag
in ‘n normale land kon vier.
Met daardie besoek het Charmaine saamgekom en
ons het 3 dae vry gehad om die area te verken.
Islamabad het my getref as ‘n pragtige stad met baie
vriendelike mense. Daar is ook heelwat christene, soos ‘n paar taxi
bestuurders trots met my gedeel het. Die dag voor my verjaarsdag het ons ‘n
taxi gevat na Muree, ‘n dorpie so 50km noord van Islamabad. Op pad het die
taxi eers vol gas gemaak, ja gas.
Die motors daar is omtrent almal baie
klein (Suzukis) en ry met gas, soos vurkhysters in Suid Afrika. Daar is ook
petrol beskikbaar, maar is baie duurder as die gas. Op pad na Muree klim die
pad al kronkelend teen die berg uit, so 1000m hoër as Islamabad. Die
uitsigte was pragtig. Toe hy ons daar aflaai het ons so bietjie rondgeloop
en ‘n goedkoop slaapplek gesoek, en een gevind langs ‘n Rooms Katolieke kerk
gebou
Die dorp was ‘n destydse Britse hoofdorp van daardie area, en die
boustyl en omgewing het my baie laat herinner aan ons eie Pelgrimsrus. Die
volgende dag het ons weer ‘n taxi terug Islamabad to geneem teen halfprys as
die voorige dag, aangesien dit heelpad afdraand is.
Terug in Islamabad het ons so bietjie gaan rondstap in die
natuur en voetpaadjies, iets wat Dubai glad nie het nie. Dit was so lekker
dat toe ons moet oppak om terug te kom Dubai toe, ons heel teleurgesteld
was. Dit was lekker om ‘n land te besoek wat nie hoog op die toeriste lys is
nie.

Back to top
|
|