|
|
|
|
Italy
Brindisi to Albenga - Italy
Due to the fact that we are enjoying ourselves
so much, we are way behind schedule on our mail-updates.
I'm sending an update on Italy, but we are actually in
Switzerland already. Since we set foot (or shall I say wheel?)
in Greece we've been on the move every day. The last 4 days I've
ridden by far the best biking roads I've ever ridden, and I mean
by FAR, but more about that on the France update. Just wanted to
let you all know we are safe and enjoying Europe tremendously.
![]()
left top: Johan 'leaning
against' the Leaning Tower of Pisa
middle top: One of the plenty tunnels on Italian Toll roads
right top: Milestone for the GS, 100,000km
left bottom: The Coloseum in Rome, our 2nd of the '7-wonders of
the world'
second left bottom: Italian Wild Boar
second right bottom: Italy is full of scooters, and even some 3
wheel ones!
right bottom: One of the buildings next to the leaning tower
of Pisa
Below script is in Afrikaans (Purple), and lower down more English (Black) for the non South Africans
Soos ek in my vorige
epos geskryf het, die ferrie boot wat ons geneem het tussen
Griekeland en Italie, was besonders nice gewees, duidelik in 'n
ander klas as Afrika of die Midde ooste. Daar is nie eers 'n
vergelyking nie. Met die afry van die boot af by Brindisi het ek
'n grenspos verwag, of dalk net 'n polisie 'check point' wat die
paspoorte en dokumente check, maar niks, net polisie manne wat
ons aanwuif en toe ek weer sien toe is ons op 'n snelweg in die
rigting van Bari. Aangesien dit vroeg oggend was, het ons
besluit om maar die beste van die daglig te maak en aan te stoot
en so na aan Rome te kom as wat ons kan. Die suidoos kus van
Italie is baie soos ons Swartland area, met soortgelyke koring
landerye, wingerde en olyf boorde vir 100de kilometers. Die pad
waarop ons was was baie goed en ons was teen 12 uur se kant by
'n klein kus dorpie met naam van Vasto, waar ons gekamp het. Dis
by daardie einste kampterein se resturant wat ek my eerste regte
egte Italiaanse pasta geëet het, uit die boekke, baie lekkerder
as die pasta by die huis. Dis meer ferm, nie so pap nie, ek weet
nie hoe om dit anders te beskryf nie. Die lekker pasta kom
natuurlik teen 'n prys, so 20 euro vir die twee van ons. Ons het
sommer gou ons resturant eet gewoonte afgeleer en maak nou maar
weer ons eie kos, dis aansienlik goedkoper. Die kampterein was
niks om oor huis toe te skryf nie, en ons moes selfs 30 euro
sent extra betaal vir 'n stort, en dan spuit die water net vir
so 2 minute, of jy nou klaar is of nie, hy stop so skielik soos
daai karretjies en perdjies wat jy by die Hypermarket kry, dan
wil jy ook sommer so 'tantrum' gooi soos daai laaitie as die
karretjie (of perdjie) by die Hypermarket tot stilstand kom,
want jy is nog lank nie klaar gestort nie en jou lyf is nog
eintlik vol seep, soos hulle in Dubai sê, 'what to do'.
(kampterein kos 21 euro per nag)
Die volgende oggend
vroeg was ons aan die gang op pad Rome toe. Ek het besluit om
van die snelweg af te bly en het 'n kleinerigge paadjie deur die
berge gevolg. Dit was egter 'n wyse keuse, want ons was geseën
met 'n fantastiese dag deur pragtige dorpies en kronkelende
paaie. By Rome het ons egter besluit om braaf te wees en die
verkeer aan te durf in Rome, en het reguit na die midde stad
gery, daar waar die Coloseum en die Vatican is. By die Coloseum
en die Vatican het ons die noodsaaklike fotos geneem en daarna
afgesuiker kus toe op soek na 'n kamp terein. Daar is 'n nice
kamp terein naby die kus, en so 30km vanuit die middestad van
Rome. Soos die vorige nag in Vasto, was die kampterein 20 euro
per nag, maar die keer was die storte en toilet geriewe gratis
en ook baie nice en skoon. Ons het 3 aande daar deurgebring, en
een dag net gerus. Die probleem was egter dat dit naweek was, en
al wat jong joler is het besluit om daar te kom party hou, so
ons het maar minimaal slaap ingekry. Die wraak was egter baie
soet toe ons die volgende oggend 6 uur Gospil musiek met die
laptop speel terwyl die uitgepaasde raasbekke probeer slaap. Die
sondag oggend was ons weer vroeg op en met die trein in na Rome,
waar ons al die bekendste monumente van nader af beskou het.
Rome is pragtig, en as jy van ou geboue hou, sal jy dae daar kan spandeer.
Ter wille van ons finansies het ons nie by enige van plekke
ingegaan waar jy moet betaal nie, maar ons het nog steeds die
buite kante bewonder en baie geniet. Die interesante deel was
egter dat ons voorheen heelwat ou Romynse stede besoek het in
Jordaië en Turkye, en dit mooi kon afrond met 'n besoek aan die
ware jakob, Rome. Die Vatican city het 'n groot square (wat
eintlik rond is), wat bekend staan as die St Peter Sqaure, die
presiese plek waar die apostel Petrus gekruisig en gemartelk is
ter wille van sy geloof in Christus. As 'n Christen was dit 'n
roerende ondervinding om hierdie plekke te besoek (Hierepolis,
Efesus en Rome) waar seker 1000de Christene gesterf het ter
wille van hul geloof.
Terug by die
kampterein het ons weer 'n lawaaierige nag ondervind, die keer
te danke aan die toegejuig van sokker liefhebbers wat die
huidige Europese sokker toernooi op TV gekyk het. Hulle het ook
natuurlik, soos ons rugby manne by die huis, die uitslag na die
game gevier, of dit nou 'n wen of 'n verloor is maak nie saak
nie. Die volgende dag was
ons weer vroeg aan die gang, die keur al met die westelike kant
van die kuspad tot by Pisa. As ons een hoogtepunt van Italie
moet uitlig, sal dit verseker die leunende toring van Pisa wees.
Langs die toring is egter nog 2 ou pragtige katedrale, maar die
toring is 'n ding om te sien. Dis fantasties in stand gehou en
skoon. Ja, die ding leun, so wat is die 'big deal'? Ek weet nie
wat dit is nie, maar dit was vir my persoonlik baie besonders,
en pragtig om te sien met my eie oë. Een van daai dinge waaroor
jy maar droom om te sien van kleins af. Daar was heelwat
toeriste, en een ou het kom vra waar ons vandaan is toe ons die
bike nader trek vir 'n foto. Groot was sy verbasing toe hy hoor
van Suid Afrika. Toe kom daar 'n polisie man nader gestap en ons
maak toe maar spore nog voor hy by ons kon uitkom. (want ons het
op 'n taxi parkeer area gestaan en was nie lus vir moles nie).
Dit was nog vroeg en
ons het aangestoot in die rigting van Frankryk. Om tyd te spaar
het ons besluit om op die tolpad te ry. Die tolpad is egter iets
om te beleef. Brue en tonnels vir kilometers aaneen. Die area
noord van Pisa aan die kus is bergagtig, soortgelyk aan
Tsitsikama area. die gewone pad (nie tolpad) is net soos die
Bloukranspas, al kronkelend op en af, maar vir 100de kilometers
aaneen, op en af, op en af. Dus waarom ons die tolpad gevat het,
want die tolpad is omtrent reguit, met 'n spoedbekerking van
130km/h.(nie dat ons so vinnig ry nie) Op hierdie pad, as jy nie
in 'n tonnel is nie, is jy op 'n brug, en so gaan dit aan. As ek
een ding van die Italianers moet uitlig, sal ek sê die ouens mag
maar paaie bou. Ja, dis duur om op die pad te ry (so 30 euro),
maar ons het letterlik dae gespaar. Teen laat die aand het ons
by 'n vragmotor piekniek plek gestop en gesien dis sommer reg om
tent op te slaan en te oornag. Natuurlik is dit gratis, hoe
wettig dit is weet ek nie, maar dit was ons beste nag in Italie,
niks jolers of sokker entoesiaste wat ons wakker gehou het nie.
The
evening journey on the ferry boat from Greece to Italy was
really smooth, we sat in a corner of one of the bar areas as we
could order coffee there and we could also watch most of the
Greek truck drivers cheering on their football team in the Euro
2008 tournament. At about midnight the ferry docked at Corfu to
pick up some more passengers and vehicles, and in about 20
minutes we were on our way again. We moved to one of the other
quieter sitting areas, took off our boots and lay down on the
carpeted floor for the rest of the evening. At about 6am they
told us to get ready as we would be docking in Italy in about
half an hour. We rode off the ferry and followed the trucks and
cars in front of us, expecting to be asked for our passports
and bike papers... but nothing, just the port police smiling and
pointing us in the right direction and the next thing we knew we
were on the highway heading for Bari. The road out of Brandisi
was not so impressive as it is a typical port city, but the
scenery out of the city slowly became more and more pretty as
the farm lands spread as far as the eye could see - we saw more
olive trees in the first 50km's than we saw in the whole
of Turkey and Greece. Then came the vineyards, with the old
Villa's and barns. We found a camp site in a little town on the
east coast called Vatso, at about midday and decided to stop
early for the day as we had to do some clothe washing! The camp
site was very well organised especially for kids. After siesta
time - 2pm to 4pm - they announce over loud speakers that there
would be games at the pool area, then at 8pm they had some of
the camp kids put on a show and sing-a-long for the rest of the
holiday makers and at about 9am the next morning they had
activities on the beach. We spoilt ourselves and had a
wonderful Italian pasta dinner at the camp site restaurant, man
that stuff is good!
Monday morning, we were up early and headed for Pisa. This site was by far the highlight of our journey through Italy. The town is more peaceful, not the hustle and bustle of Rome, the alleys are more colourful and neat and tidy. We followed the road signs to the Piazza dei Miracoli and then the groups of tourist walking on the side path and eventually saw the leaning bell tower. We ended up right in front of it and realised that there were no other vehicles in that area, except for some taxis... I jumped off quickly and took the needed snappy as a police man was heading our way. We quickly headed off up a side street to find a parking spot for the GS and walked back to the square. The old cathedral and baptistery next to the leaning tower are almost white in colour like the tower and it truly is amazing to see. From Pisa we took the toll road towards France. The toll road is an engineering wonder, the speed is 130km/hour and it is built in such a way that you could maintain this speed even on a turn. If you are not in a tunnel going through a mountain you are on a bridge going over a valley, fantastic to ride on and it took away a few days worth of travelling along the coast. The coast area is like Tsitsikama and the road is like the Bloukrans pass for 100's of kilometres, it would take days to get from the south to the north. We had glimpses of the coast all along the toll road, so we did not miss everything. We pulled into a truck-stop as the sun was setting and decided to pitch the tent up at the back of the pick nick area. We had a much more peaceful nights rest with no party animals or football fans - and it was for free |