|
|
|
|
New York to Montana
Epos
gestuur 29 July 2008 4.11pm
Donderdag oggend (22ste) 4:00AM
was ons al uit die vere, en reg vir die invaart in New York se
hawe. Net so na 5:30 se kant het die son so skrams begin opkom,
en kon ons die eerste keer die bekende
Statue
of Liberty sien. Dit was 'n besonderse ondervinding om juis op
hierdie manier New York, en die VSA in te kom, en dit op 'n
besonderse skip soos die Queen Mary 2. Daar was baie mense op
die dek, en almal wou die
Statue of Liberty, en die Manhattan Skyline sien en fotos
neem .Almal was opgewonde, en daar was selfs 3
helikopters wat saam met ons ingevlieg gekom het, seker media
helikopters gewees. Terug in die 19de eeu was dit die enigste
manier hoe die imigrante en besigheidsmanne tussen die twee
kontinente beweeg het. Ons het so effe gevoel wat hulle moes
gevoel het destyds.
Na die skip gedok het, het ons
ons 2 Touratech sakke gevat en afgeklim. Die customs en
imigrasie was eenvoudig en maklik. Ten spyte van die hoeveel
waarskuwings om nie kos deur customs te vat nie, het ek gesien
hulle keer 'n vrou voor met 2 toebroodjies, netjies toegedraai
in 'n servet in haar handsak. Wat is dit dan tog met die mense?
As hulle se moenie kos inbring nie, dan bedoel hulle dit seker,
ek meen, wat verstaan hulle dan nie van moenie inbring nie? Toe vat ons 'n geel taxi (ja, New York se taxis is geel, net soos in die flieks) na die trein stasie, en toe van daar af dorp toe om versekering vir die GS te probeer kry. Dit was egter makliker gese as gedaan, want ons het heel oggend gemors oop soek na iemand wat bereid is om 3de party versekering aan ons te verskaf. Daarsonder sal ons onwettig op die pad wees, nie die moeite werd om so kans te vat nie.
Einde laaste gee ons moed op met die versekering, en gaan toe
lughawe toe om die motorfiets te kry. Die prosedure was ook
redelik eenvoudig. Die aand laat het ons die bike uit die krat
gehaal, en kon ons wegry vanaf die lughawe. Ons het nie ver gery
nie, toe boek ons maar in by 'n hotel
Die volgende oggend het ons toe einde laaste die
versekering gereel gekry, en toe is ons die stad in om inkopies
te gaan doen en die stad so bietjie uit te kyk. Ons is in met
die trein, en die GS het by die hotel gebly.
Ons eerste indruk van die VSA was
nie wat ek verwag het nie, inteendeel was ons so bietjie
teleurgesteld in wat ons gesien het. Hou in gedagte ons kom nou
net vanaf Europa, waar alles skoon en netjies is. Hier in New
York is die dinge nie so skoon en netjies nie. Hulle treine is
maar baie basies en skora skora, en nie naastenby so nice soos
Rome, London of Duitsland s'n nie. Ten minste werk hulle en kan
jy van punt A na B gaan vir redelik goedkoop. Die ding wat my
egter baie opgeval het was hoe vriendelik en spraaksaam die
locals is, beide swart en wit. By 'n paar geleenthede waneer ons
die pad of trein kaart staan en bestudeer, het daar iemand na
ons gekom en gevra of hulle kan help. Gewoonlik is mense nie so
vriendelik in 'n groot stad nie, maar hier in New York is almal
'happy-go-lucky'Manhattan eiland is egter baie groot, so ons 3 dae wat ons daar spandeer het was nie naastenby genoeg om alles te sien nie. Ons het meer gefokus om inkopies te doen, aangesien dit in ons plan was om baie van ons toeristing hier te vervang met beter gehalte om die natuur in Alaska te weerstaan. Ons het toe alles gekry wat ons gesoek het, nuwe slaapsakke, matrasse, skoene ens. Ek kon egter nie die regte sagte en harde ware kry om my GPS (Etrex Vista)te laat werk hier nie, so toe besluit ons om maar die ook op te gradeer na 'n nuwe weergawe. ![]()
Die ander opvallende ding van New
York was dat die poskantoor en banke ook sulke verskriklike dik
glas het tussen die teller en jou, net soos in Suid Afrika. In
Europa en ook die Midde Ooste het ons dit nie gesien nie. Lyk my
hier is ook so baie skelms soos by die huis.
Ons algemene beplanning vir die
VSA is om vanaf New York te ry na Montreal omgewing in Kanada,
en dan reguit wes na Sturgis om die wereld se grootste
motorfiets rally by te woon. Na Sturgis sal ons die pad noord na
Alaska aanpak en sover noord ry soos wat ons kan, tot by die
'Arctic Ocean'.
Hopelik sal ons daar die 'Northern Lights' kan besigtig, en wie weet, meskien sien ons ook 'n 'Polar Bear' of twee. Die dorpie daar bo se naam is Deadhorse, Prudhoe Bay. Van Deadhorse of sal ons terug draai en al met die westekant af ry tot by San Fransisco (California) en Las Vegas (Nevada) se kant, waar ons weer Oos sal gaan na Hatfield, Arkansas en 'n groot CMA rally en internasionale byeenkoms by tewoon, wat die einde van Oktober is. Na die rally sal ons suid gaan deur Texas en laat in November behoort ons in Email sent 29 July 2008 4.57pm New York to Johnson New York We are currently on our way to Thunder Bay, Ontario,
Canada. We've arrived safely in New York, got the bike,
did shopping, and drove north towards Montreal, Canada.
In New York state we went through the Adirondack
National Park, where we slept the first night. Next day
we crossed into Ontario, Canada, and drove past Otawa,
and west towards North Bay. Today we came through North
Bay.
The ride north through New York (state) is stunning.
Ontario, Canada is huge and we've been driving for two
days through forrest-type scenery, awsome stuff.
People are very friendly here in Canada, and
everywhere we stop someone will come over to have a chat
with us.
Die pad uit New York stad
was nie so maklik om te vind nie. Gelukkig vir die nuwe
GPS wat die VSA en Kanada kaart op het, het ons darem
redelik gou op die pad gekom. Dit was meer 'n geval om
die nuwe GPS se funksies en knoppies te leer
Die pad noord is 'n groot snelweg, wat nie te besig was
was nie. Nog 'n ding wat vir my opvallend was is hoe
geduldig en bedagsaam die mense bestuur, glad nie so rof
en onbeskof soos ek verwag het nie. Die natuurskoon is
pragtig en besonders groen. Die dorpies en huise is
duidelik in 'n heel ander klas as New York stad, baie
netjieser en mooier. Mens kan sien die mense is trots op
hulle omgewing, en die grasperke en tuine is perfek
instand gehou. Party huise het sulke groot Amerikaanse vlae op,
duidelik trots op hulle land. By die meeste huise staan
daar ook so 'n groot Dodge, GMC of Ford bakkie. New York
doen nie klein nie, selfs die karre is sulke slappes
soos in die flieks. Soos ons so deur die dorpies ry,
voel dit skoon of ek aan die droom is. Die plek lyk en
voel nie werklik nie. Dis 'n gesig en 'n gevoel wat nie een van ons al gesien
of beleef het nie. Die huise, en strate is baie anders
as Afrika en Europa. Meeste is van hout gebou, presies
soos mens hulle in die flieks sien. Die meeste huie het
sulke verskriklike groot grasperke, en geen heinings.
Soos ons deur die dorpies ry, beweeg ons koppe van links
na regs in overdrive, om seker te maak ons mis nie iets
nie. Verder noord vanaf New York stad het die omgewing
net mooier en mooier geraak. Die bosse is so dik langs
die pad dat jy niks binne in die bos kan sien nie
Op pad sien ons ook heelwat ander bikers wat op toer is,
meeste ry natuurlik Harley Davidsons, en is ook baie
vriendelik en groet in die verbyry.
Net na ons by een dorpie stilgehou het, stop daar 'n kar
langs ons, en die mense deel toe met ons mee dat hulle
op die radio 'n waarskuwing gehoor het van 100m/h winde
en donder storm wat op pad is. Toe stop ons maar by die
Diner (Amerikaanse padkafee en resturant), en dit was
nie eens 15 min nie, toe storm dit dat dit bars. 'n Uur
later was dit verby, en kon ons verder ry.
Ons eerste indruk van die
VSA buite die stad is sover baie goed, en ek kan sien
dat ons dit hier baie sal geniet.........
Epos gestuur 2 Augustus 2008 6.33pm Wel, weereens geen selfoon
opvangs nie, maar wel internet wireless by die kamp
terein! Ons is veilig by
die CMA South Dakota State rally, wat so 20km suid
van Deadwood gehou word. Ons het 'n verskriklike interesante onderving gehad
die laaste 2 dae. By Dawson het ons gesien hoe 'n
sikloon die dorp se bome uitmekaar ruk, 85mph winde
gewees, en ons moes in daardie winde op pak en
skuiling soek. Alles het darem goed afgeloop op die
einde. Daar het blykbaar 'n tornado 20 myl suid van
ons verby beweeg! Die volgende aand het ons in 'n
Cowboy dorpie geslaap, en cowboy kos saam met die
locals geeet terwyl hulle country musiek speel!
Vandag het ons verby die
'Dances with the Wolves' site en area gery, die
pragtigste oop landskap denkbaar. Ons is deur
Sturgis, dis nog 3 dae voor die rally en die dorp is
al klaar onder die bikers, amazing.Het
vandag 'n nuwe voor tire gekoop en opgesit.
Ons hou nog lekker rally.
Ek sal later, of oor so dag of wat meer uitbrei
oor die rally.Ons help die plaaslike CMA met
sekere take, deel van die organiseering van die
rally. Dis lekker, want dit beteken ons sien
alles gratis. Ons het vlat track racing gesien,
Hillclimb,
All Harley Drags, Die
museum en more doen ons diens by die uitkykpunt
oor main street, so dan kan ons 'n foto neem van
die hoofstraat. Ons
was intussen ook by Crazy Horse
(Die wereld se grootste kerf beeld) en Mount Rushmoore. Baie nice
om te sien. Ons beplan om sondag van
hier af te ry in die rigting van Yellow
Stone National Park,
en van daar af noord tot
by Glasier National
Park,
dan na Calgary in Alberta
(Kanada), waar ons so 2 of 3 dae sal spandeer en
die bike diens. Dit sal so 10 dae vat voor ons
by Calgary sal wegkom, ons sal maar sien. . . .
. .2 dae
terug is hier weer so storm deur Sturgis,
gelukkig het ons ons tent opgevou en in die huis
geslaap die aand tot die storm verby was.
Grand Portage to Sturgis We re-entered the USA along Lake Superior and travelled through Minnesota. The sign boards changed from Moose to Deer warning signs. We were not too far down the road and we saw some deer crossing the road way up ahead of us. The lakes and hills slowly faded away as we headed for Sturgis. Huge maize and soya farm lands spread for miles and miles in all directions, with the odd little town every now and then. Some of the towns were really odd, no bigger than a couple of buildings with a 4-way stop! The roads were easy to follow as they either head North/South or East/West, so by looking at the sun you know which direction you are heading. We kept heading west and travelled about 650km’s before we came to the town of Dawson. It is a very pretty little town, with a wonderful new clean recreation area – lawns, trees, swimming pool, ablutions, about 3 base ball pitches, af-dakkies with bunkies and a small camping area on the one side. Many of the town folk were either playing ball with the kids or swimming. The camping area had 5 huge camper vans/RV’s... and i mean huge, the size of a Golden Arrow bus! They have sections on the side that slide out which make the inside width bigger, it is amazing to see. Most of the people at this particular camp site were retired; some had sold their house and most of their possessions, bought the RV and towed a vehicle for running around town. They stayed in an area for 3 to 6 months at a time and would move to a warmer climate if the weather got too cold. Some had their pets with them, little or medium size dogs or kitties. The one guy was a restaurant owner in the town and stayed there permanently, then there was 93 year old Paul who looked 75 and had been coming to the site for 9 years staying 6 months at a time. The fee (tent or RV) was US$15-00 per night or US$260-00 for the month – not too shabby considering it includes the use of their water and electricity.... The other wonderful thing about this camp site was the fact that there was no office to register or to pay the camping fee! It all worked on an honour system – there were envelopes in a little box on the wall next to the ablutions, wrote your details on the envelope and the number of days camping, put your money in the envelope and put it through the little post box!! And that was it... well we set up camp and while i was making dinner, the restaurant guy came to ask about the GS and then on parting said that if the storm got too bad we could go into his camper as he never locks it!!! Storm... what storm? He pointed to the horizon and said that it would be in the area about midnight.... and if the siren went, then we were to head for the ablutions next to the swimming pool!! Siren... what for? Oh, to warn about a Tornado..... At this point, i think our eyes were as wide as saucers, TORNADO’s ? With that he headed back into town. To be honest I wasn’t sure if he was teasing us or not. We finished dinner and Johan secured the tent – just in case............ During the night and in the early hours of the morning I could
hear the thunder way off in a distance. At 6am we woke with a
start as the thunder and lightning was right over head and it
started to rain. We both turned over and cuddled back into our
sleeping bags, as we realised that we would not be able to pack
up in the pouring rain... It was about 10 minutes later
when the wind started, and it blew and it blew and it blew... it
got so bad that I sat up and to hold the tent poles and it
wasn’t long before I told Johan that it would be best that he
got dressed. He did this as quickly as possible and then
took over the holding of the tent poles from me while I got
dressed and packed our sleeping bags and stuff into the yellow
dry bags. I helped Johan put his boots on, as his hands were
busy holding the tent poles. Buy the time everything was packed,
the front section of the tent had blown loose and was flapping
violently. It was quite an unreal feeling, the noise of the wind
and the thunder was unbelievable. Thankfully we were still
dry inside the tent but it was time to make a move before we has
lift-off! The other big concern was the GS – was she still
standing? The plan to get everything to a safe place went as
follows: while Johan continued to hold onto the tent poles, I
moved our stuff to a sheltered place behind the neighbours RV,
then unhooked the tent poles on the downwind side so that they
could straighten out and collapse the tent. I then held up the
one end of the tent so that Johan could crawl out... once I was
out of the tent the weather seemed to turn,
thankyou Jesus. While Johan was still in the tent I
quickly took a video of the outside of the tent which showed his
body outline as he was holding onto the tent on the inside. I
thank the Lord that it was early morning and the sun was up, as
it would have been a pretty scary thing to do in the dark.
While we were quickly rolling up the wet tent, we noticed all
the neighbours coming out of the ablutions and going to their
camper vans....the one neighbour came over to tell us that a
friend had phoned him to say that there was a second storm on
its way and he was totally amazed that we had stayed in the tent
the whole time. While we were moving all our stuff to the
ablutions building we noticed all the destruction around us,
trees snapped in two, trees blown over or ripped apart, The road west lead us through more farm lands, once again mostly
miellies, soya and some wheat. As we headed west we zigzagged
from the 212 down to 14 which would take us straight to Sturgis,
some of the towns we went through were really small but all seem
to have a Veterans Park. After about 500km’s we got to the
town of Hayes. This little town had an airstrip, fuel
station come convenience store, public park, fire department and
about 3 houses.... that was it! But what was so
fascinating was that on a big field next to the airstrip was a
huge gathering of cowboys, horses, vehicles, trailers and horse
carts. The lady at the store told us that it was a
‘trailer swop meeting’ that had been running for the week and as
it was the last day of the event, the fire department was having
a fund raising BBQ dinner.... and we were most welcome to join!
Johan was so excited to see real cowboys for the first time that
we decided to camp the night in the public park but first headed
over to the fire department to get some dinner. We saw real
cowboys with cowboy hats, in denim shirts and jeans, boots with
spurs and had live country music. After dinner we went to the
public park which was across the road from the airstrip,
unpacked the wet tent and laid it in the sun to dry. Epos gestuur 10 Augustus 2008 12.57am Sturgis & The Black Hills
Ons
beplan om more die pad te vat na Alaska.
Ons tydjie in Sturgis was fantasties.Dit was verseker die moeite
werd om die moeite te doen en hierheen te kom. Die Black Hills
in South Dakota is seker een van die VSA se mees bekendste
landskappe. Dit word die Black Hills genoem want dis hoe die
Indiane dit gedoop het, en is donker van kleur (amper swart) as
jy dit sien vanaf die Ooste. Die Indiane het hierdie deel van
die kontinent bewoon, voor die Europeers gekom het. Die res is
geskiedenis wat ek nie so goed ken nie, maar as jy al die film
"Dances with the Wolves"
gesien het, sal jy so bietjie meer verstaan hoe dit was in
daardie tye. Die terein en natuurskoon is presies soos in die
film, asemrowend. Die Black Hills is ook die tuiste van die bekende Mt Rushmoore,
waar die eerste 4 Amerikaanse presedente
Ons toer in
die VSA gaan nog voor die wind en ek kan julle se dat
die landskap in die VSA is asemrowend!
Van Sturgis
af het ons reguit wes gery. Die volgende staat langs
South Dakota is Wyoming, 'n regte Cowboy staat. Die
motors se nommerplate het 'n Cowboy prentjie as die
agtergrond (South Dakota het Mt Rushmoore as agtergrond).
Die moderne Cowboy wat ons raakgeloop het ry egter nie
so baie perd soos in die ou dae van die wilde weste nie.
Die Cowboys wat ons gesien het ry Dodge en Ford bakkies,
sulke masiewe groot goed met dubbel vragmotor tiepe
wielle agter.
Dan sleep meeste van hulle so lang sleepwa, wat hak soos
'n groot vragmoter se sleepwa. Een deel van die pad wat ons gery het in Wyoming het
baie soos ons Karoo gelyk, droog en bossies, maar mooi. Net
voor die dorp Cody (700km wes van Sturgis) het ons van
die pad afgetrek en tent opgeslaan. Ons was lekker moeg en het sommer vroeg ingekruip.
Iewers in die middel van die nag word ons wakker gehuil
deur Cayotes. Die gehuil was iewers in die verte, maar
dit het heel skrikwekkend en 'freaky' geklink, soveel so
dat ek nie weer aan die slaap kon raak nie. My gedagtes
het met my wegehol, en my ore was gespits vir waneer
hulle naby ons tent kom snuffel.
Ek was verniet bekommerd, want hulle het nie weer
gehuil nie, en het wegebly van ons af. Vir die wat nie
weet wat 'n Cayote is nie, dis die ou wat die bomme
plant in die Roadrunner Sprokies prent programme. (Miep
- Miep) 'n tiepe van 'n wolf, ek
dink. Vroeg die
oggend het ons weer in die pad geval en uitgesien na een
van die VSA se mees bekende parke, die Yellow Stone
National Park. Een guru van ouds het die pad tussen Cody
en Yellow Stone gedoop :"
The most scenic
50miles
in America"
Wel, ons het
nog nie die hele VSA deurkruis nie, maar sover is dit
verseker die pragtigste 50 myl van die 5500km wat ons al
hier gery het. Die pad loop in 'n kloof met berge
en kranse links en regs van die pad.
Maar die kranse is nie teenaan die pad nie, dis so
entjie weg en op daardie stuk pad besef 'n mens net weereens dat dinge
werklik groter is in die VSA. Hier is spasie om asem te
haal, dis 'n ongelooflike gevoel om te beleef.
Die park
self was ook mooi, met baie natuurlike geysers en warm
water bronne. Dit het baie gelyk soos die bronne wat ons
by Pumakale in Turkye gesien het, wit rots poelle.
Oorals waar ons stop langs die pad, kom gesels die mense
met ons. Almal natuurlik baie vriendelik, veral die bikers wat op
pad huis toe is vanaf die Sturgis rally. In die park kon
ons egter nie slaapplek kry nie, want al die kamptereine
was vol, so toe suiker ons maar aan en uit die park uit.
Tussen die park en die staat Montana is daar 'n bekende
pad............![]() Die Beartooth Scenic Highway. Iewers in daardie bpad en ergreeks het ons 'n nice kamp terein gekry en die aand daar spandeer. Die kamp is 2700m bo seespieel, en dit was vrek koud, -2.5grade C. Ten spyte van al die waarskuwings om versigtig te wees vir Grizzly Bere, het ons nie een gesien nie. Ook maar goed so. . . . . .
Voor ek verder vertel oor die Alaskan Highway, moet ek julle eers terug
neem na Wyoming in die VSA.
Ek het
julle laas vertel dat ons mos deur die |