| |
E pos
gestuur:Monday June 21st 2004
Kaapstad, op pad na Zimbawe
Ons gaan
binnekort RSA groet. Die nuutste nuus is ons gaan Zim toe, maar voor ek daar
kom, laat ek begin by die begin Sondag aand die 13 Junie is ons weg na die
kerk uit 'n reenirige Kaapstad na Saldanha. Ons het geslaap by Johan en
Prisila. Dankie Oom Johan vir julle gasvryheid Maandag middag is ons daar weg
en Johan het ons afgesien in Laaiplek
Waarna ons na ons huisie was by Elandsbaai. 2 dae daar gebly en Woensdag oggend voor
sonopkoms is ons daar weg in digte mis, ons is deur Van Rhynsdorp en Loeriesfontein en
Brandvlei.By Brandvlei besluit ons om te gaan kyk hoe plat is Verneukpan en het in die
middle van die pan ons oorskied snoek en roosterbrood geeet en die geweldige stilte gesit
en waardeer.Die breedte van die pan is so 10km
 
Die aand net voor donker slaan ons tent op
by Augrabies. Tot Dusver was dit ons langste dag op die bike nog, 730km en 8h21min. Die
Karoo se pragtige natuurskoon bekoor my elke keer as ek daar deur ry, vir baaie is dit
eentoonig, vir my het hy baie diepte.'n Ander pel van my,Alex, het eenmaal gese dat as jy
deur die Karoo ry is dir sielskrop, want jy't baie tyd om na te dink oor baie dinge.
Donderdagoggend voor sonop staan ons langs die Augrabies waterval en kyk hoe die son agter
hom opkom.
Die aand slaap ons in die Kalahari by Red
Sands,15km voor Kuruman.As jy gedink het die karoo se paaie is reguit, het jy nog
nietussen Upington en Vryburg gery nie, selfs meer reguit as Namibie.Ek het reguit stukke
gemeet enige iets tussen 30 tot oor die 50km aaneen net reguit! Vrydag aand slaap ons toe
by Amanda en Shorty, Charmaine se niggie.Pragtige mense en hulle het ons behoorlik laat
tuis voel,ons het self gaan grondboontjies(peanuts) oes vir padkos

Sondag is ons deur
Magaliesburg na Centurion, waar ons by my neef bly dankie vir julle gasvryheid ook.
Sondagaand by Biker's Church in Midrand is waar ons verneem van die Mutare Bike Show, die
komende naweek en hulle soek mense om saam te gaan vir die uitreik geleentheid. Die Kerk
is baie dieselfde as by ons in die kaap, as jy daar instap voel jy sommer tuis, jy's by
familie. Die aand het ons gebid oor die saak en maandag oggend besluit om wel saam te gaan
na Zimbabwe. Vandag was mal dag en ons het op en af gery vir Mosambiek visa en ook
die Carnet. Als gekry en ons is baie opgewonde oor wat voor le. So die plan werk nou soos
volg: More of op die laatste woensdag ry ons noord na Zimbabwe om teen vrydagaand in
Mutare te wees.Na die rally sal ons nog so bietjie in Zim spandeer waarna ons Mosambiek
toe sal gaan. Ons gaan nou wel oos Transvaal en die suide van Mozambiek mis,maar sal maar
net weer moet kom. Ek weet nie waneer ons weer gaan mail nie, want Mosambiek en Malawi is
nie te veel ingerig vir internet nie, weet wat Robert aangevang het in Zim nie, so dit mag
dalk eers weervan Tanzanie af wees. Wou fotos gestuur het, maar neefie se komper werk nie
soos hy moet nie, kan ten minste mail stuur. Dankie Boes
Ons is nou al meer as 2 weke getroud en dis 'n blessing om te sien hoe goed ons by mekaar
pas. Thank you Jesus! Charmaine hou van dieselfde tiepe
landskappe en omgewings as ek en ons kamp lekker saam en leef op 'n broodlyn en sien dit
nie 'n straf of 'n ongemak nie, maar eerder as 'n uitdaging. Die eerste week van ons trip
het ons nog nie eens R1000 gekos nie, petrol en alles ingesluit, meer as 2000km al gery.
Anton en Eureka, sorry maar ons gaan nou nie meer deur Maputo nie, sal wel volgende keer
by julle kom kuir, belowe. Ek dink nie ons sal meer suid gaan as Vilanculos nie.Die Here
stuur ons nou na Zim en ons het gese ons gaan waar Hy ons wil he. Goed gaan daar onder in
die mooie Kaap. Ons gaan baie verlang na ons land, maar
'a mans got to do what a man's got
to do' Verstaan jy?
Ons kom terug en gaan dan iets het wat geen geld in diewereld kan koop nie, 'n droom
wat ons nagestreef het en bereik het, en dis so lekker om ons drome te leef in die wil van
die Here, tot Sy eer Moenie worry oor ons nie, ons Pa is met ons te alle tye,
(Heb13:5).
Dankie vir al julle gebede en
liefde.
22 June - We visited Oom Bie in Alberton. Oom Bie is
74years old, still rides his own motorbike (in fact he does not have a car), goes to
rally's and is an encyclopedia of information on travelling in Africa. Oom Bie kept
us well entertained late into the night with stories of travelling up and down in
Africa. In his early 20's he used to travel to Tanzania in a Moris Minor!! He
told us stories of travelling on the roads around Sutherland and Calvinia in winter and
getting 2 flat tyres at night, instead of freezing he set fire to one tyre which led a
farmer to his rescue, getting so cold in a old hotel room that he took all the curtains
down to wrap himself in it!! He also worked as a ships engineer for Safmarine,
the stories went on and on... Oom Bie lives in a garden cottage at his son Mark's
house. He was most excited to give us his cottage to sleep in so that he could camp
on a mattress in the main house in front of the big TV....
23 June - Mark took us on a detour route out of
Johannesburg so that we missed all the traffic. When we left Alberton it was crips
pleasant weather but as, we travelled more north and the sun started to come out - it
became freezing!! I could feel Johan shivering in my arms and when we stopped for fuel
even his hands were cold..... the heated grips did not do their job!! But praise the
Lord the more we travelled north the warmer it got. We travelled through Marble
Hall, Roedtan, Pietersburg, Louis Trichard. Beautiful cotton plantations and huge
farm lands. If any of you like the Boabab tree - this is the place to be, there are
loads in the most amazing shapes and sizes.We arrived in Messina and it was lovely and
warm. We booked into the Boabab Caravan park, pitched the tent and chatted to some
of the semi-resident campers - Pensioners who live in the camp site for 3 months of the
year during winter,travel for 3 months and are at home for 6 months of the year.
What a life!
Back to Top
|
|