| |
Woestyn Outing
Skrif ingevoeg: Oktober 2007
Ons verbly in Dubai het ons die vooreg gegee om
menigde kere die woestyn te besoek. Die woestyn is die één ding
van hierdie land waarop ek verlief geraak het. Dit is asemrowend
mooi en gee jou so ‘n afgesonderde gevoel soos geen ander
terein
Ons eerste egte woestyn 4x4 besoek was in ons 2de week in
UAE, saam met Richard, Yolanda en Shauwn. Ons was uit in die buitehoek
van die so ganaamde Empty Quarter suid van Al Ain. Dit word die Empty
Quarter genoem omdat dit empty is van enige mense. Bitter min mense gaan
diep in, aangesien dit net sand duine is so ver jy kan sien, blykbaar
die grootste sand woestyn area in die wereld. Ons was nou wel nie van
plan om te diep in te gaan nie, en het maar net so paar duine en sout
panne gaan verken. Ook het ons die geleentheid gehad om met 'n stuk
hardbord wat glad gevryf is met waks, teen die groot duine af te
skaats, man, laat ek jou nou vertel dit is groot pret! Na
daardie besoek was ons weer so paar keer af na daardie deel van
die Empty Quarter, die keer met ons eie 4x4.Ons 2de woestyn besoek was nie lank daarna nie,
toe ons afgesuiker het na Liwa oasis, so 200km suid van Abu
Dhabi. Die keer was ons op ons eie en met die GS. Dit was ‘n
besonderse trip en ons het met die GS en al op ‘n duin geparkeer
en tent opgeslaan. Daar het ons ook op ‘n spul sand rose
afgekom.

Die Liwa deel van die Empty Quarter is my persoonlike gunsteling en ons
was al baie daar. Dis ook die deel waar hulle die UAE Desert Challenge
hou, ‘n kleiner weergawe van die bekende Parys-Dakar wedren. Die meeste
spanne gebruik juis die UAE desert Challenge as voorbereiding vir die
Dakar, met die gevolg ons het ‘face to face’ met baie van die groot
Dakar manne en spanne gekom tydens die Desert Challenge.Die lekkerste
Liwa-experience is die kere wat ons saam met ‘n klein groepie 4x4
entosiaste afgegaan het. By so uitstappie word daar natuurlik geweldig
baie duine gery, en dis een van die lekkerste bestuurs ondervindings wat
ek ken, jy, jou masjien en die magtigheid van God se natuur wat meeste
kere genadeloos is, maar met so bietjie ondervinding en comon sence word die
sandry-kuns ook gou bemeester, en dan raak dit eers lekker. Liwa het van
die grootste duine in die wereld, amper soos ons by Sosusvlei het. Die
verskil is dat hier mag jy daarop ry. Die meeste duin samestellings
eindig met ‘n ‘slip-face’ wat teen so 40% heiling is, en oor die 100m
hoog. Dis een van die lekkerste gevoelle om oor die kruin van so masiewe
duin te ry en af te ry teen een van daardie slip-faces. Baie kere dan
brul die sand onder die 4x4 se wielle, fantas Groot was my verbasing om te sien waartoe ‘n 4x4
motor in staat is, veral die groot swaar Toyota Land Cruisers en
soortgelyke 3-ton voertuie
Ons begroting was egter nie van so aard om ‘n
duur 4x4 aan te skaf nie, en ons het besluit op ‘n Hyundai
Galloper, 3 lieter V6. Dis gebaseer op die ouer Pajeros, en
gebruik dieselfde onderstel en enjin. Die kort-as en V6 enjin
kombinasie het homself al menigte kere as bobaas bewys. Die
enigste 2 modifikasies wat ek nodig ge-ag het was was ‘n groter
verkoeler en breër wielle. Ons geniet hierdie karretjie geweldig
baie, en droom nie eens vir ‘n blinker vuurwa vir die woestyn
nie. Die meeste geleenthede kan mens nie so ver afry na die Empty
Quarter nie, dan is daar ‘n stuk woestyn sommer hier naby aan
Dubai. Veral in die somer is dit ons uithangplek. Baie mense wat
in Dubai werk kom ook nooit regtig verder as die stuk sand nie.
Dit herinner my baie aan daardie stuk duine tussen Swakopmund en
Walvisbaai, ook met 4-wiel motorfiets verhuurplekke lans die
pad. Dis ook net so mooi daar, en ons het ‘n hele paar keer daar
gaan oornag. Ons het op ‘n spesiale plekkie so 70km vanaf Dubai
afgekom, wat ons Richard se kamp gedoop het. Dit was ons
kampplek menigte kere as ons woestyn-ontrekkings simptone begin
kry het, en lus het vir ‘n vinnige wegbreek uit die stad. .Ons het later van tyd die tent veruil vir 2 opvou
kamp beddens. Ons vind dit baie beter, aangesien dit jou
geleentheid bied om onder die sterre te slaap en ook meer deel
van die natuur te wees. Dis veral die voeltjies se vroeg oggend
gesing en die sonsopkoms wat baie spesiaal isIn die somer is dit egter te warm om in die dag tussen
die duine te wees, en jou woestyn besoek is beperk tot baie vroeg in die
oggend. Dit het gelei na ‘n hele paar vroeg oggend uitstappies na Big
Red (Duine naby Dubai).
Ek weet regtig nie hoe mense so lank hier in
Dubai kan bly en nooit in die woestyn kamp nieDie GS was ook so paar keer weer die duine in, net vir so
bietjie sand-ry oefening en ondervinding. Hy bly maar ‘n swaar stuk
yster en nie regtig bedoel vir sand nie. Die een keer was ons 3 GS’e, my
1150 Adv, ‘n 1200 Adv en ‘n 1200. Ons blaas die bande af tot so 0.6 Bar
voor en 0.8 Bar agter, en dan ry jy daai os dat jy jouself verbaas.
Knop-bande is natuurlik duisend maal beter as gewone bande. Na die paar
sand eskepades het ek wel tot die besluit gekom dat dit moontlik is om
oor woestyn sand te toer, maar baie harde werk is en ek nie regtig kans
sien om dit oor ‘n lang afstand met ‘n gelaaide GS te doen nie.n die somer is dit egter te warm om in die dag tussen
die duine te wees, en jou woestyn besoek is beperk tot baie vroeg in die
oggend . Dit het gelei na ‘n hele paar vroeg oggend uitstappies na Big
Red (Duine naby Dubai). Ek weet regtig nie hoe mense so lank hier in
Dubai kan bly en nooit in die woestyn kamp nie Die GS was ook so paar keer weer die duine in, net vir so
bietjie sand-ry oefening en ondervinding. Hy bly maar ‘n swaar stuk
yster en nie regtig bedoel vir sand nie. Die een keer was ons 3 GS’e, my
1150 Adv, ‘n 1200 Adv en ‘n 1200.
Ons blaas die bande af tot so 0.6 Bar
voor en 0.8 Bar agter, en dan ry jy daai os dat jy jouself verbaas.
Knop-bande is natuurlik duisend maal beter as gewone bande. Na die paar
sand eskepades het ek wel tot die besluit gekom dat dit moontlik is om
oor woestyn sand te toer, maar baie harde werk is en ek nie regtig kans
sien om dit oor ‘n lang afstand met ‘n gelaaide GS te doen nie.
Een ding is seker, ons sal die pragtige woestyn van die
UAE baie mis waneer ons hier weggaan. Dit is by verre die hoogtepunt van
ons Dubai-ondervinding gewees. Ons is dankbaar dat ons die geleentheid
gehad het om dit te kon ondervind en ontdek
Back to
Top |
|