|
| |
Ecuador
Email
sent 17 March 2009.....................Otavalo Ecuador
Wow, what a fantastic border crossing we had. A
quick stamp out of Colombia for the two of us and the GS, then on the Ecuador
side customs stamps the GS Carnet and we got stamped in at immigration. I think
what helps a lot is that our understanding of Spanish has improved, so we can
answer questions much easier. Praise the Lord. The road conditions are also much
better and wider than Colombia, so we made good time and came all the way to Otavalo. We will spend 2 nights here and plan to visit the local Inca Indian
market tomorrow.

Email sent 19 March 2009....................Quito
We're
off to Quito today. Had a great time in Otavalo, it is a very
nice quite town, something we never experienced in Colombia, where towns
are noisy. Today we will also cross the equator for
the second time (first time was in Kenya to be back in
the southern hemisphere.
Sms sent 19 March 2009...........................Southern
Hemisphere
We are back in the Southern Hemisphere and now officially round the world
travellers. Five continents and have crossed the equator twice. Heading for
Alausi.
Epos gestuur 22 Maart 2009.................Bogota na
Otavalo
Ons het
ondervind dat Colombia 'n land van verskeidenheid is, hoogtepunte
as ook laagtepunte, letterlik en figuurlik.
Die deel wat ons deur gery het is geweldig bergagtig, en die pad kronkel
behoorlik sy weg teen die steil hellings van die Andes bergreeks. Dis
verbasend om te sien waar mense landerye en huise ontwikkel het. Meeste
van die landerye en huise is nie toegangbaar met 'n voertuig nie, slegs
per voet of donkie/perd. Die lewe in hierdie gedeeltes is steeds
eenvoudig en primatief. Ons ligame, as
ook die GS, was op die uiterste beproef om
gedurig in hoogte en tempratuur te wissel, vanaf 12-14grade C en oor die
3000m hoog af na onder 600m en 32 grade C, dan weer op na 3000m (en
14gradeC) en af na 600m. Die proses was herhaal vir ek weet nie hoeveel
keer die laaste 3 dae se ry vanaf Bogota na die grens in die suide nie.
Die GS het dit hanteer asof dit normaal was, my gestel het egter nie so
goed gevaar nie, sit nou met 'n verkoue en seer keel, seker maar die
gedurige tempratuursverandering. Die
padoppervak het ook gewissel van perfekte teerpad wat doenbaar is met
'n MotoGP bike tot slegte slagate en verspoelings waar jy omtrent 'n
MotoX bike nodig het. Dit verander ook in 'n oogwink.
Ek het dit geweldig baie beniet, het vir 3 dae omtrent
nie in 6de rat gekom nie. Die Andes in Suid Colombia
laat ook die Alpe mak lyk, never mind die Drakensberge. Dis nie
verniet die grootste bergreeks in die wereld nie.
Net soos die landskap, bied die mense ook 'n verskeidenheid. In die
laagliggende gebiede het ons heelwat swartmense gesien, en in die berge
geen. Ek vind toe later uit dat die swartmense in die omgewing is
afstammelinge van Afrika slawe wat hierheen gebring is om in die
suikerriet plantasies te werk. Interesant dat hulle nasate steeds in die
warm lae gebiede bly. Ek het nie 'n verklaring hiervoor nie, was maar net
'n opmerking wat ons gemaak het. In die koloniale dorpies van Popayan en
Posti het ons opgemerk dat die mense, en veral vroue, baie mode-bewus is.
Die winkeltjies in die dorpe bestaan hoofsaaklik net uit mode verwante
winkels en ander vel, nael en haar versorgings besighede. Die koloniale
dorpies is soort van oulik, maar steek baie af teen soortgelyke dorpe in
Mexico. In Posti het ons gesoek vir 'n bank om geld te ruil, en oorals
waar ons stop drom die mense saam om die bike. Hulle vergaap hulle
behoorlik aan ons en die motorfiets. Ek het nog nooit so ongemaklik
gevoel nie, en wou net uit die dorp kom en so vinnig
moontlik ook. Die eerste ding wat mense wil weet is
hoeveel die bike kos. Ek is nou al redelik moeg vir
daardie vraag, en elke keer gee ek 'n ander antwoord om hul reaksie te
sien. $2,000 of $20,000 kry dieselfde reaksie, so ek is nie seker of
hulle my in die eerste plek verstaan nie. Die joys van
toer in vreemde lande. Kosgewys het ons Colombia baie
geniet, die tradisionele midagete, wat die hoofmaaltyd
is, bestaan omtrent altyd uit 'n smaaklike sop, rys en vleis
van jou keuse. Ons het maar altyd die hoender gevat, aangesien hulle bees
en varkleis kan verkoop aan die Bridgetone fabriek, so taai is dit.
Die grenspos tussen Colombia en Ecuador was die vlotste wat ons teegekom
het in 'n baie lang tyd. Binne 'n paar minute is ons deur albei poste en
op die pad in Ecuador. Dadelik tref Ecuador ons as 'n baie ryker land as
Colombia, Die pad loop deur dieselfde bergagtige terein as in Colombia,
maar ek ry my 90-100km/h aaneen, 'n spoed wat ek omtrent nooit by uitgekom
het in Colombia nie. Die dorpe, asook die voertuie hier is in baie beter
toestand. Met ons grensoorgang het ons glad nie 'n idee gehad watter
geld-eenheid Ecuador gebruik nie, en soos oudergewoonte stop ons by die
eerste bank om geld te ruil. Na 'n lang gewag in die ry wil hulle wil nie
my oorige Colombia Pesos he nie, en verstaan nie hoekom ek US$ wil ruil
nie. Toe sal ek uitvind hulle gebruik US$! So leer mens maar. .
Back to Top
|