|
|
|
|
Greece
Epos gestuur:
Saturday, June 21, 2008 3:10 PM
Ipsala na Igoumenitsa - Mooi Griekeland
By Ipsala, die
grensdorpie aan die Turkse kant, het ons in 'n
'goedkoop' hotel geslaap, om die volgende oggend vroeg by die grenspos te wees.
Goedkoop in Turkye is nie regtig vir ons goedkoop nie, want teen
20 euro (R200) vir 'n bed om in te slaap is nogals
'n klomp
geld. Teen oopmaaktyd, 8:00, was ons by die grenspos, en is ons sonder enige
probleme uit Turkye en in Griekeland in. Die grenspos is goed
ge-olie en is 'n deur-ry tiepe soos by Hatta, Oman-UAE, en omdat
ons eerste by die hek was, was ons sommer gou weer op die pad.
Die eerste opmerkende verskil tussen Griekeland en Turkye is die
kondiesie van die pad, wat duidelik van 'n baie beter gehalte
is, en die GS se 1150cc enjin het vir die volgende 400km teen
4000 RPM gesit en sing asof hy in sy element was
Die terein oos van Tesaloniki is pure plaas, soortgelyk aan
die plase wat ons by die huis het. Na ons verby Tesaloniki is,
het die terein so bietjie meer berg-agtig begin raak. Ons was
nog al die pad op die dubbelbaan snelweg, en het op een kol deur
'n tolhek gegaan, waar ons 2 euro moes betaal, nie sleg vir so
fantastiese pad nie. Die ander groot opletende verskil tussen
Griekeland en Turkye was die motorfietse wat jy op die pad sien,
niks meer skorra skorras nie, hier loop ordentlike motorfietse
wat my 5 jaar oue GS sleg laat lyk. Daar was heelwat V-Storms,
Varaderos, Blackbirds en sulke tiepe toer fietse op die pad.
Griekeland se mense het duidelik meer geld tot hul beskikking as
bure in Turkye. So 300km wes van
Tesaloniki raak die pad en terein verskriklik mooi, berge en
paaie soos in die Alpe. Die son het al redelik laag begin sit
toe ek besluit het om eerder maar slaap plek te soek, veral in
so mooi area soos waar ons was. (Metsvoo) By die een klein
dorpie sien ons 'n Hotel teken, en ons stop toe daar en vra die
prys. Die 40 euro prys vir een aand het ons egter afgesit, en
ons is toe verder die berge in op soek na 'n plekkie om ons tent
op te slaan, gratis natuurlik.
Dis toe dat ons op
een van ons pragtigste kamp plekke tot hede afgekom het,
prentjiemooi met groen gras, berge weerskante,
'n dam in die
verte en selfs 'n trop skape met klokke wat
"musiek" maak soos
hulle loop en wei. Ons het heel middag geluister na
die ding-dong geluide van hulle klokke, en ons het selfs
gewonder of Heidie nie dalk eerder hier in Griekeland gebly het
nie.
Die aand was lekker
rustig, en die volgende more was ons weer op die pad teen 9:00
of so. Dit was maar 'n korterigge 200km na die hawestad van
Igoumenitsa, waar ons die Ferrie boot na Italie gekry het. Daar
is 'n duidelike verskil tussen die feries wat ons al gery het in
Afrika, en ook tussen UAE en Iran, en die bielie van
'n ferrie
wat ons nou op was. Daar ry sulke groot vragmotors, busse, en
alles op. Die binnekant lyk soos 'n hotel, met
'n ontvangs waar
jy aanmeld na jy jou ryding iewers op die dubbeldek geparkeer
het. Die kamers was so bietjie buite ons begroting, maar die
algemene sitplek vir die "cheapskates" soos ons was baie mooi en
gerieflik. 'n Wonderlikke belewenis inderdaad. Oja, die Ferrie
rit het ons 107 euro gekos, en was oornag.........................Italie, hier kom ons!
|