|
|
|
|
Iran
Dubai
to Shiraz
We are safely in Shiraz, 700km from the port
where we entered Iran. Everywhere we went, we were met with
extreme hospitality and friendliness.
We spent our first night in Bandar e Lenge, second night in Lar,
and are now resting in Shiraz, one of Iran's great tourist
cities with plenty historical sites. Tomorrow we will visit
Persepolis, ruins of King Darius' palace that dates back to
512BC!
photo that will speak for itself.
![]()
Iran is glad nie wat
ek myself voorgestel het hoe dit sal wees nie, dis agtermekaar,
netjies, pragtige landskap met besonders vriendelike mense. Ons
eerste indruk van die land waarvan mens net 'slegte' stories
hoor is net die teenoorgetelde. Dis nog early days, maar dit kan
heel moontlik 1ste op my gunstiling land lysie beland. Ons
eerste indruk sover is besonders goed. Dinsdag oggend 5:30
het ons vir die laaste keer met Dubai se groot snelweg, Sheikh
Zayed Rd gery,verby die wereld se hoogste gebou, die Burj
Dubai, tot by die hawe van Sharjah, 50km noord van Dubai. Teen
9:00 was ons op die ferrie, reg om die Persiese Golf oor te
steek. Die ferrie rit so ongeveer 5 uur lank op glade water. 5
of wat ure later het ons gedok by Bandar e Lenge, Iran. Die
immegrasie formaliteite het baie glad verloop, ten spyte van die
feit dat hulle nie ons paspoorte kon lees of verstaan nie. Hulle
vra omtrent 3 keer oor: " From which country are you?" Die woord
"South Africa" lui nie regtig 'n klokkie nie, want hulle kyk dan
weer en weer na die paspoort met groot vraagtekens op die
gesigte. Gelukkig het ek my Dubaise bestuurs lesensie byderhand
gehad, wat in arabies wys wat my nasionaliteit is. Waneer hulle
dit eindelik begryp, kry ons 'n glimlag van oor tot oor met die
woorde: "Welcome to Iran".
Ek glo ook nie dat enige ander
nationaliteit 'n ander verwelkoming sou he nie. So was dit nog
met almal wat ons hier ontmoet het. Die wat kan engels praat, is
uitgehonger om jou 'lastig' te val en net te gesels, net te
bly om hulle engels te oefen. Nie een keer louf hulle iets by
jou nie, en is net verbaas en trots om te sien dat ons die
moeite doen om in hulle land wil kom toer. Een ou by die hawe-
Customs het gewerk vir Sasol (in Iran), en so ken hy van Suid
Afrika. Maar die meeste weet nie regtig enige iets van ons land
nie. Een het wel geweet van Mandela, maar dis ook al.
Soos ek gese het,
die imigrasie was eenvoudig, maar ons kon nie die motorfiets
afgelaai nie, want dit wat laagwater en die Ferrie se deur kon
nie oop nie. Na 3 uur se wag, met die customs wat al toe is het
ons die bike afgelaai en in die customs gebou geparkeer om die
volgende dag te verklaar.
Ons hotel was so
200m se stap vanaf die hawe, en het ons $10 uit die sak gejaag.
Die volgende oggend 8:00 was ek by die customs met my
aangestelde helper en tolk (wat nie kan engels praat nie). Wel,
na so uur en 'n half was ek pap nat gesweet van rondstap vanaf
een counter na die ander, en ook die onderstel en enjin nommers
kykery. Later toe sien my helper is is kapot, toe laat hy my
maar sit in die koel kantoor, terwyl hy rondhardloop namens my.
Gewoonlik sou hierdie tiepe prosedure my geiriteer het, maar die
mense is so vriendelik dat dit eintlik vir my 'n plesier was om
oor die 3 ure daar te spandeer. Ek was met niks anders as
vriendelikheid behandel nie. Net na 12, vat ons
die pad noord in die hoop om weg te kom van die ondraaglike
hitte (43 grade, soos Dubai) en bedompigheid.
Teen 18:00 uur se
kant ry ons Lar binne, 280km vanaf Bandar e Lenge, en dis nog
steets 43 grade, maar darem nie so bedompig nie. Veral Charmaine
het afgetjop, want sy kan nie haar baadjie uitrek waar ons stop
nie, en moet ook eintlik haar kopdoek opsit waneer sy haar
helmet afhaal.Ons boek toe in by die eerste beste hotel.
Die terein en pad
het ons baie laat dink aan Yemen, bergagtig, met geen
plantegroei op nie. Vanoggend teen 5:00 was ons al weer op pad,
en die tempratuur was 'n baie aangename 24 grade tot so 9 uur se
kant. Petrol in Lar het my $7 gekos vir 17 lieter, vier keer die
prys wat die locals betaal, maar nog steeds 'n winskoop in
vergelyking met die res van die wereld.
Nou is ons in Shiraz
(700km vanaf Bandar e Lenge), wat blykbaar baie interesante
historiese plekke het, maar dis te warm om rond te stap en dit
te gaan kyk, so ons rus nou maar eerder, want more is weer 'n
lang dag na Eshfahan.
Email Sent: Saturday,
May 31, 2008 8:51 AM
Subject: Shiraz to Esfahan
Friday, 30 May 2008, and we were up and about at 5am, when the weather is the coolest and the traffic the quietest! This morning we are heading for Persepolis in Marvdasht. The road out of Shiraz was through mountains and small farm lands, quite pretty. As in Ethiopia, the farms are all worked by hand. We saw little tents pitched in the fields and i am assuming that that is where they go for their siesta in the afternoon and i'm sure in some occasions it might be where some of the field workers live. Even though it was early morning there were many trucks and busses on the road making the crisp morning air thick with diesel fumes and the big clouds of black smoke. The road condition is relatively good, with re tarring being done in places. The road from Shiraz to Tehran is about 1000km and is a double carriage freeway all the way, quite impressive. We got to Persopolis at 7am the opening
time, bought our tickets at 10,000 Iranian Rials (US$1)
each and headed for the ruins. In about 515 BC, the
Persian King Darius I began constructing this massive
and magnificent palace complex as a spring capital. It
was completed by a host of subsequent kings over the
next 200 years. More importantly King Darius I, is
mentioned in the Bible (Esra 1 - 8) as the king who gave
the order to finish the rebuilding of the temple of the
God of the Israelites in Jeruselum. King Artexerxes I,
the grandson of King Darius I, wrote a letter to Esra
(Esra 7) giving him permission and authority to once
again teach the Jews the Law of Moses. This was were
they ruled Persia from, and at the time of Esra,
Jerusalem fell under their rule. The buildings at
Persepolis are divided into three areas; military
quarters, the treasury and the reception and occasional
houses for the King of Kings. These included the Great
Stairway, the Gate of Nations (Xerxes), the Apadana
palace of Darius, the Hall of a Hundred Columns, the
Tripylon Hall and Tachara palace of Darius, the Hadish
palace of Xerxes, the palace of Artaxerxes III, the
Imperial Treasury, the Royal Stables and the Chariot
house. Darius the Great built the greatest and most
glorious palace at Persepolis that was used for the King
of Kings' official audiences. The work began in 515 BC
and was completed 30 years later, by his son Xerxes
I. Each column is 19m high and carried the weight of the
vast and heavy ceiling. The columns were joined to each
other with the help of oak and cedar beams, which were
brought from Lebanon. The Walls were tiled and decorated
with pictures of lions, bulls, and flowers. The external
front views of the palace were embossed with pictures of
the Immortals, the Kings' elite guards. To see the
quality of the craftsmanship and the way the Iranians
have preserved the site is really unbelievable. Once
again our Lord has blessed us with an awesome
experience.
Next we headed for Esfahan, the scenery changed back to
flat, dry open plains but thankfully the weather stayed
a mild 32 degrees Celsius. At our first police block
about 40km's outside Sharehza.... the police man pointed
out that the back tyre looked flat.... no worries, as
we can fix a puncture..... except it wasn't a puncture
it was the valve... and not just the 'pipi' thing the
whole magiva!! Johan was 'bobajaaning' himself as
believe it or not, that is the one simple thing he did
not pack! tee hee hee, the adventure really has begun.
Thank you Jesus for the friendly police and army guys, I
sat under the trees (without a head-scarf) enjoying a
cup of chai, writing in the diary while Johan, the GS
back wheel and the rescue ranger (the guy who checked
our passports) headed off into town to see if the valve
could be replaced. There were plenty of police/army
around, in all sorts of variations of uniform. The
conversation was lots of sign language and laughs. The
Iranians are very different to the Emirates/Arabs, more
friendly and approachable (even the ladies), from our
short experience they seem to be very genuine with no
hidden agendas....they also look different and have
slimmer features. About an hour later the boys came back
with smiles, hallelujah, the valve was replaced. Three
and a half hours later, we were on road again.
Esfahan was a total breath of fresh air. If you
were blind folded, put in the road and then asked to
take it off and say where you were, you would get
confused with Dusseldorf, or somewhere in Europe! So so
pretty, huge trees line the streets, new and old
building colourfully decorated with mosaic, street side
cafe's and a beautiful river runs through the town.
Email Sent:
Wednesday, June 04, 2008 6:28 PM
Subject: Esfahan to Van
We had a few long, hard riding days behind us.
Our route from Esfahan to Van (Turkey) took us
past Daran, Hamadan, Takab and Orumiyeh.
We've travelled 2800km since we left
Dubai, one week ago. The bike is performing very
well. We only spent one week in Iran, driving most of
the time, but the country and it's people
are fantastic. I feel
guilty that we did not
have more time to spend in Iran. Not once did we
experience anything negative while being there.
It is a great country to travel in, with great
people that is honoured to have us as tourists
there, and they went out of their way (in a nice
way) to make us feel welcome. We arrived in Van today. Charmaine is sick with
a bad fever, so we will stay here until she
feels better.
(In case you have not figured it out,
everything in purple is in Afrikaans, so if you
cant read it, skip the purple writing)
Esfahan is 'n besonderse mooi stad, met baie
boom ryke strate, en baie skoon. Ons het
saterdag namiddag so bietjie gaan rondstap in
Esfahan. Dis veral die brue oor die rivier wat
my beindruk het. Hulle is 100de jare oud, en is
fantasties instand gehou. Daar is ook 'n bekende
vierkant in die middel van die stad, met 2
masiewe moskees wat uitkyk op die vierkant. Die
moskees se ingange, torings en koepels is versier
met tiepies Persiese geverfde blou teels, nogals
mooi. Na die stappery (6km) was ons pap tyres,
en het sommer vroeg aan die slaap geraak, want
die volgende oggend sou ons teen sonopkoms in
die pad val. Ons planne werk toe ook mooi uit,
want teen die tyd toe die son sy kop oor die
berge steek, toe is ons al uit die stad op pad
na Hamadan. Die eerste 300km van ons roete was
fantasties. Ons het in hoogte geklim tot en met
2400m, tussen bewerkte landerye en weivelde
sover ons kon sien. Op een kol, naby Daran, was
'n reeks berge aan ons linkerkant met sneeu op
die bokant. Die laaste 200km of so voor Hamadan,
was nie so aangenaam nie, want die dorpe en
omgewing was baie industrieel, met baie
vragmotors wat marmer blokke, staal en ander myn
goeters vervoer. Die wind het ook gewaai en
die lug was baie vol stof. Toe ons Hamadan
binnery, was ons oe kwaai krapperig (agv die
stof). Toe begin die groot gesoek vir 'n
goedkoop hotel in 'n dorp waarvan ons nie 'n
kaart het nie. Na ons die derde keer by
dieselfde polisieman verby gery het, het hy seker
afgely en aangeneem ons soek seker 'n hotel. Hy
ry toe voor ons en wys ons na 'n hotel, maar
ongelukkig een wat so bietjie te duur na ons sin
is. Einde laaste kry ons een, reg in die middel
van die middestad, in 'n raserige straat. Ek was
te moeg en het nie kans gesien om in die besige
verkeer verder te soek vir 'n beter plek nie,
toe boek ons maar in, ten spyte van die feit dat
daar geen storte was nie en die toilette redelik
aaklig. Toeilette was ook net van die
gat-in-die-grond tiepe, 'n ietem wat ek verpes
en probeer vermy.
![]()
Voor
ons gaan slaap het, stap ons om die draai op
soek na kos vir aandete. Ons stap toe in by die
eerste plek wat lyk of hy kos het, en soos
oudergewoonte wys ek net na die ou langsaan se
kos en se ek soek ook daarvan. (Dis al wat mens
kan doen as jy nie hulle taal kan praat of
spyskaart kan lees nie) Hulle bring toe die kos,
wat vir my gelyk het soos maalvleis op plat
arabiese brood, en twee sosaties met hoender.
Met my eerste hap proe ek dat die goed duidelik
nie smaak soos ek gedog het dit sou nie.
Charmaine eet toe maar tog te lekker verder,
maar ek kon die goed nie inkry nie, my binneste
het geprotesteer daarteen. Later toe ek die rou
produkte so bietjie van nader beskou, lyk die
maalvleis toe soos een of ander lewer/niertjies/afval
goed, iets wat ek nie kan in kry nie. Charmaine
reken dit was nie lewer of nierties nie, en was
iets wat sy nog nie vantevore geproe het nie.
Die sosatie wat ek dog is hoender, lyk toe al
hoe meer vir my soos derms. Toe's ons daar uit
en eet toe maar 'n hamburger verder met die pad
op. Die mark in Hamadan was soos 'n miernes van
mense, met stegies oorals waar jy kyk,
soortgelyk aan die wat jy by Stone Town
(Zanzibar) kry, maar net baie groter en meer.
Hamadan dateer terug tot voor Christus, en was
een van die hoof handels punte op die destydse
'Silk Route'. Blykbaar is die uitleg van die
mark en binnestad dieselfde as destyds. Die dorp
was nie so mooi en skoon soos sommige ander
dorpe in Iran nie, maar dit was wel besonders en
interesant om 'n ou dorp op die 'Silk Route' te besoek
en beleef.
Die
volgende oggend was ons weer op pad met die tyd
toe die son sy kop uitsteek. Die groot voordeel
om so vroeg aan die gang te kom, is om die
verkeer heeltemal vry te spring. Die pad en
terein tussen Hamadan en Orumiyeh is uit die
boekke, die een draai op die ander, op en af oor
rolende heuwels soortgekyk aan die wat ons by
die Overberg (Riviersonderend) het. 280km vanaf
Hamadan het ons by Takht-e-Soleyman aangedoen,
en ook daar gekamp. Takht-e-Soleyman is ruines
van 'n stad wat terug dateer tot 500VC. (Sien
foto) Die indruwekkende ding is dat dit gebou is
op 'n koppie wat lyk soos 'n ou vulkaaniese
berg. In die middel van die kompleks is 'n dam
in sy natuurlike vorm, gevorm met lawe rotse (sien
foto links onder), lyk amper soos 'n groot ronde
swembad. Aan weerskante van die 'dam' vloei die
water oor by 2 nutuurlikke uitlope, alhoewel
daar geen inloop is nie. Die water kom uit die
grond uit, soos 'n natuurlike fontein.
Daar
is geen geriewe of blyplek nie, maar ons het
sommer so in die oopte tent opgelaan en die
namiddag en aand daar spandeer. Dit was ons
eerste aand in stilte, al die ander kere was ons
wakker gehou deur straat lawaai.
Soos
die voorige kere, was ons die volgende oggend
weer op die pad met sonopkoms. By Butan, toe ons
stop om water te koop, was ons weereens met
geweldige gasvreiheid ontvang. Die outoppie van
die winkel kon egter nie 'n woord verstaan of
uitmaak wat ek soek nie, toe laat roep hy sy
kleinseun, wat vlot was in engels. (Sien foto bo
links) Die klong vertel ons toe dat Butan bekend
is vir sy 3 wiel bakkies, want Butan is die dorp
waar die goed vervaardig word. Nou ek het in
vorige dorpe die 3 wiel kontrapsies gesien
(Sien foto bo links), maar hier in Butan is
hulle ooral waar jy kyk. Stel jou voor; 'n klein
weergawe van 'n trekker sleepwa se bak en wielle,
so 1.2m breed en 2m lank. Vooraan die sleepwa
bak is 'n raamwerk met 'n sitplek soos 'n ou
Vaaljapie, redelik hoog, so skuins bokant 'n 2
of 3 silinder diesel enjin soortgelyk aan die
wat jy op 'n sement menger of 'n kragopwekker
kry, 'n handvatsel/stuur meganisme en 'n
vierkantige voorlig wat lyk soos 'n ou Kawa
GPZ1100 s'n. Dit smaak my jy kry verskillende
modelle, party met 'n cab, en ander sommer so
retro-style. Dis 'n gesig om te sien, en ons het
van die 'Butan Bakkies' ver buite die dorp ook
gekry. en die manne looi ook die goed, ry so 50
- 60km/h, nie sleg vir 'n ding wat lyk of hy
teen 5km/h op 'n konstruksie-site hoort nie. Oja,
en geen vering nie, heeltemal solied, al
hoppende ry hulle.
Toe
groet en dank ons die Laatie, sy pa, oupa, en
ander vrinne wat na die GS kom kyk het, en ry
toe weer rustig voort in die rigting van Turkye.
Iewers langs die pad by een van die kleiner
dorpies het ek by 'n buiteband herstel winkel
gestop om 'n spaar 'tubeless valve' te kry, net
ingeval die ander wiel se valve ook besluit om
die gees te gee. Weereens, kon ons mekaar nie
verstaan nie, maar so tussen die handgebare deur begryp
die ou toe wat ek soek en gee my 'n nuwe spaar
valve. Toe ek hom wou betaal, wil hy niks
daarvoor he nie. Kan jy dit glo, so anders as
wat ek gewoont is in Afrika en nog meer in
Dubai, waar die prys sommer verdubbel as jy 'n
wit vel het. Dit was ook die geval met die ou
wat my valve net voor Esfahan regemaak het, wou
niks geld daarvoor he nie, net geglimlag en gese:"
Welcome to Iran". Die ou en sy paar aanhangers
wou toe (soos omtrent almal wat ons ontmoet) weet
waarvandaan is ons. Dit vat so paar keer om
hulle te oortuig dat ons werklik van Suid Afrika
is, en nie van Amerika of Europa nie, ek glo nie
hulle het al ooit 'n wit man van Afrika ontmoet
of gesien nie. Die
grensprosedures aan die Iran se kant was redelik
eenvoudig, en het so 45 minute geneem. Die
beamptes was goed ingelig en het presies geweet
wat om te doen en was al die tyd baie vriendelik
en behulpsaam. Die
Turkyse kant van die grens was so bietjie van 'n
ander storie, en het 2 uur geneem, maar ek sal
julle meer daarvan vertel op 'n later stadium.
|