|
Kaapstad
na Dubai
Hierdie is ‘n opsomming van ons toer wat in 2006 op die
BMW webtuiste gepupliseer was.
Kingsley Holgate skryf in een van sy
boeke dat jy moet meer avontuur ritte beplan as die dae tot jou beskiking in die
res van jou lewe, dan is die balaans reg. Met die gevolg jy gaan nooit alles te
doen kry wat jy oor droom nie, maar ten minste het jou lewe rigting en geniet jy
die tydjie op aarde. Dis waarom ons nou hier in Dubai sit, ver van die
huis af en baie dae lekker ‘home sick’.
Ons is hier om vondse op te bou vir ons volgende been van ons droom-avontuur om
die wereld te sien op ons geliefde GS. Maar laat ek julle eers vertel van ons
eerste been en hoe alles begin het. Die eerste been was Kaapstad na Dubai. Dis
eintlik meer ‘n lewens verhaal as ‘n toer verslag.
Om so toer aan te pak, verg een
belangrike eienskap: avontuur moet in jou bloed wees. Ons kwalifiseer 100%, en
die tientalle Suider Afrika trips getuig daarvan. Dit het alles begin in
Januarie 2004 toe ek Charmaine gevra het om te trou en ook sommer terselfde tyd
die wereld te sien. Ons het leiding van die Here gevra en bevestiging ontvang
dat ons moet gaan, en Hy sal voorsien en ons seen met ‘n reis soos geen ander.
Op 14 Februarie 2004 het ons verloof geraak en 5 Junie staan ons saam voor God
en beloof trou aan mekaar. ‘n Week later, 13 Junie 2004, loop die gemoedere hoog
toe ons ons vriende en famielie groet en die volgelaaide GS se tail light op die
Kaap draai.
Op daardie staduim het ons ‘n beplande roete gehad wat ons
deur Afrika na Europa sou vat, met ‘n begroting van R40 000. Geld, eerder as
tyd, sou die bepalende faktor wees van hoe die toer sou verloop. Ons het weskus
op gery om vir oulaas ‘n snoekie te braai by Elandsbaai. Ek wou nog altyd
Verneukpan gaan besoek en dit was toe sommer die idiale geleentheid om oor die
pan te ry. Daarvandaan is ons deur die Kalahari na Pretoria, waar ons ons
Mosambiekse visums opgetel het. ‘n Dag of twee daarna ry ons oor die Limpopo en
groet ons Suid Afrika
vir eers.
Zimbabwe
was ‘n goeie ontnugtering en ‘n openbaring van wat werklik daar aan die gang
was, en hoe die land se mense finansieel sukkel. Ons het pragtige plekke gesien
in die Mutare omgewing en ook die Mutare Bike Show bygewoon.
By Mutare is ons oor die grens na
Mosambiek, waar
ons eers afseil tot in Beira. Daar het ons egter nie die romantiese strandplekke
teegekom nie, en maar gekamp by so afvallige kampterein in die noordekant van
die stadsgewoel. Die laaste aand voor ons vertrek het ons wegesit aan prawns,
todat ons nie meer kon nie. In 2004 was die pad voor Beira redelik vrot van die
slagate en ons het dit maar rustig gevat. Die pad noord na Quelimane bevat ‘n
500km strek sonder brandstof. Ek was wel bewus daarvan en ry ekstra netjies om
te bespaar. Toe ons by Nicuadala stop vir petrol, wys die perd vir ons dat die
tenk waaruit hulle tap leeg is. Wat nou gemaak? Quelimane is nog 40km en ek het
al reeds 540km met die huidige tenk gery. Ek kry toe gedagte en koop 3 liter
parafien, gooi dit in die tenk en bid hier in my binneste terwyl ek die starter
knoppie druk. Prys die Here hy start en vinnig sorg ek dat ons momentum kry. Het
so bietjie gehoes en geproes, maar na ‘n rukkie toe loop die ou soort van fine.
Na die derde vulstasie, kry ons toe eers petrol in Quelimane. Noord van
Quelimane is ‘n kampterein by Zalala Beach. Daar het die miskiete ons gekou en
die dou-reentjie ons koel gehou. Die pad tussen Quelimane en Ilha Da Mozambique
was egter ‘n riller. Vir 90km het ons op nat, modderige ompaaie gery, waar al
die brue wegespoel of gebom was. Ilha Da Mozambique was ‘n terleurstelling. Dis
‘n pragtige eiland met geskiedkundige geboue, maar die gemors en elende van die
inwoners op die eiland was oorweldigend, toe gaan verken ons eerder Nacala, waar
ons oorgebly het. Ons het verneem dat die ferry om die Ravuma rivier oor te
steek na Tanzanie, buite werking was. Dis toe dat ons besluit om terug te draai
na Blantyre. 160km voor die grens tref ons ‘n ou op ‘n baiesukkel en gaan grond
toe. Met die opstaan weet ek hier kom probleme en ek se vir Charmaine: “Spring
op, laat ons ry!” Toe die locals sien ons wil spore maak, gryp hulle haar en
trek haar van die bike af. Toe besef ek plan B sal nou in werking moet tree.
Intussen pyn my linker skouer laat dit bars, maar ek hou my ‘pose’. Ons was op
‘n verlate pad tussen die bosse, met 30 of wat Mosambiekers om ons wat ons
kwalik neem omdat een van hulle nie gekyk het toe hy die pad oorsteek nie. Wat
nou gemaak? Bid. En die Here voorsien. Daar kom ‘n Land Cruiser in die pad af en
ons stop die ou. Hy vertaal toe vir ons en kalmeer hulle ook terselfde tyd, want
nie een van hulle verstaan engels nie. Nadat ons R800 moes opdok, is ons weer op
die pad. Met die val het ek my sleutelbeen gebreek en die pyn was onbeskryflik.
Charmaine het haar regter knie diep gesny. Ek het my arm op die tank bag gehou
en Charmaine het hier van agter af die koppelaar getrek. Vir 250km was dit ‘n
spanpoging om die GS aan die loop te hou. Teen die tyd was dit ook al lankal
donker en ons moes op die grenspos se stoep oornag.
Die volgende oggend ry ons Blantyre binne en na ‘n paar
oproepe is ons geholpe by die hospitaal. Vir die volgende 3 maande het ons in
Malawi
gebly en gewerk, om die hospitaal onkostes te
dek. Die hospitaal onkostes was vir Charmaine se knieg operasie. Dit was heel
interesant om in Malawi te werk en ek het geweldig baie geleer en mense kennis
opgedoen. Tydens die 3 maande in Blantyre het ons die omgewing verken en ons was
onder in die Shire valei, Mulanje, Zomba plato, en die suide van Malawi Meer.
Van Blantyre af is ons na Dedza, pragige bosbou omgewing. Van daar af al met die
Meer langs. Ook was ons die rowwe bergpas uit by Livingstonia, verseker die
moeite werd. Die noorde van Malawi is aansienlik mooier as die suide. Daar is
berge en heuwels en digte plantegroei. Die suide is oorbevolk en meeste bome
word uitgekap om charcoal mee te maak. Die volgende oggend ry ons die klipperige
kronkel pad teen die berg af en waardeer elke oomblik van die uitsig oor die
meer. Die GS ken die tiepe van pad, hy het al erger paaie in sy lewe gery, maar
min het ons geweet wat voorle......
Tanzanie
was soos
die engelsman se, a breath of fresh air. Die stuk pad by Tukuyu verby is
pragtig, met piesang plantasies so ver jy kyk. Die Tanzan hoofweg van Mbeya na
Dar Es Salaam is ook iets om oor huis toe te skryf, want die scenery verander
gereeld, en die 900km voel nie so lank nie. Daar is omtrent halfpad ‘n paar kamp
opsies, en ons het oorgebly net anderkant Iringa, en ook Mikumi. Die Krimitart
boom is ‘n besonderse boom, en hulle was vol in die blom, met sulke wit
blommetjies. Ons het duisende van hulle verby gegaan op daardie pad. By Dar Es
Salaam is ons oor die ferrie aan die suide van die stad, waar dit baie rustiger
is, en mens vrede kan kry van die duisende smouse en ‘deal makers’. Ons kon
ongelukkig nie so leker lank kuier op Zanzibar soos ons wou nie, want ons moes
my ouers in Arusha ontmoet. Ons is met die oornag ferrie terug na Dar en die
volgende dag jaag ons resies met die busse op die pad noord. Die oorlaaide busse
jaag tot 140 by die afdraende af om momentum te he vir die volgende bult, wat
sy spoed heelwat afbring. Die pad en omgewing is pragtig met Sisal plantasies op
die rolling hills. Arusha was egter ‘n onplesierige ervaring. Dis die poort dorp
na die Serengetti en al die safari toergroepe is daar gebaseer. As hulle ‘n wit
gesig sien, storm hulle jou nader om ‘n deal te probeer maak. Min het hulle
geweet dat dié twee wit gesigte nie geld het vir ‘n safari nie, elk geval het
ons al die groot 5 en so aan gesien, ons bly ook mos in Afrika my broe. 2 ure
was genoeg om ons mal te maak en ons besluit om die pad te vat na Masarani slang
park, 30km uit die dorp. Hier kon ons lekker in rustigheid saam met my ouers
kuier, en het sommer ‘n week lank gebly.
As jy gedink het Tanzanie se paaie is sleg, was jy nog nie
in Kenia
nie. Dis juis hier waar jy niks anders as ‘n GS moet he nie. Baviaans en
Gamkaskloof en Sani is NIKS! Die mense is wel die vriendelikste wat ons teegekom
het en die landskap is asemrowend. In Nairobi het ons ons noodsaaklike inkopies
en papierwerk gedoen en soos beesmis gemaak en in die pad geval na Lake
Naivasha. Voor jy by die Meer kom, ry jy op die rand van die Great Rift Valey,
‘n uitsig wat geen woorde kan beskryf nie. Oor Kenia aleen kan ek amper ‘n boek
skryf, van wat ons daar beleef en gesien het. Na Naivasha is ons met die hoofweg
na Nakuru, 80km van hel, want dis ‘n geteerde sinkplaat pad wat die arme GS
uitmekaar wou ruk. Kort na ons oë op die Victoria meer gelê het, steek ons die
ewenaar oor, vir die eerste keer in my lewe. Dit was ‘n lewens lange droom van
my om met my bike die ewenaar oor te steek, en ek dank die Here vir daardie
oomblik. ‘n Gevoel van satisfaksie en dankbaarheid wat mens nie kan oorvertel
nie. Ons was deur die pragtige Kerio valei en weereens deur die Great Rift verby
Lake Baringo, waar die teerpad verander in ‘n plaaspad. Dis soos die res van die
pad gelyk het tot in Maralal. Na ons 2 fantastiese dae op Maralal gebly het ry
ons noord-oos na Marsabit, waar ons vasgekeer was in die modder. Op pad uit
Marsabit uit word die GS tot halt geroep deur rook wat onder die brandstoftenk
uitborrel, die hoof bedrading het uitgebrand. Wat nou gemaak? Bid weer. (Ons het
darem nie net in die moeilike tye gebid nie!) 3 dae later is ons terug in
Nairobi, na ‘n avontuurlike rit agter op ‘n 1960’s Fiat lorrie. Wat is Afrika
sonder die voorvalletjies en avontuur? Die terugslag het ons heelwat kosbare
pennies gekos, en na ‘n gevaalde poging om finansiele ondersteuning van BMW RSA
te kry, moes ons ons reeds klein begroting nog sny. Die grootkoppe by BMW was
seker baie besig en het nie tyd gehad om ons te antwoord nie. Ek wag nog steeds.
Nadat ons twee weke in die reën gekamp het by Jungle Junction, was ek nou al dik
vir ‘n tent. Nadat ons die yster terug gekry het vertrek ons weer op die East
African Highway na Etehopie se rigting. Die 250km tussen Marsabit en Moyale het
ons 9 uur geneem om te doen. Dis hier waar afgesonder ‘n heel nuwe betekenis
kry. Heel dag net 6 voertuie gesien.
Die verskil tussen
Etehopie en enige ander lande suid is soos dag
en nag. Jy voel dadelik jy is in ‘n ander wereld, ‘n wereld waar tyd stil
gestaan het. Hier eet jy Njara tot dit by jou ore uitkom, want meeste plekke is
dit al wat jy kry. Gelukkig smaak dit heel lekker. Dit was net voor kersdag 2004
toe ons die magtige Bale bergreeks aanpak. Die GS het die slegte grondpad baie
goed gehanteer. Die omgewing het my vreeslik heriner aan Lesotho, waar die
hoogtes ook oor die 3000m is. Die mense bly in dieselfde soort ronde hutte en
maak gebruik van perdekarre en perde as vervoer. By Goba het dit gevoel of ons
in die Cowboy tyd is. Soos ek gese het, tyd staan stil in Etehopie. Naby Goba
klim daar ‘n pad teen die berg uit na die 4300m hoe piek. Dis hier waar ons die
bedreigde Siemen Fox te sien gekry het. In Addis Ababa het ons twee weke gewag
vir ‘n aansoek vir Sudanese visum. Inussen het ons rond getoer en die Magtige
Blue Nile Gorge gaan kyk. 1200m diep en 12km wyd by die punt waar die pad met
die rivier kruis. ‘n Bergpas soos min, 36km en 2 uur later is ons aan die ander
kant en verwonder ons weer aan Africa’s Grand Canyon, soos hy bekend staan. Met
tye soos daai het ek vir ‘n beter kamara gewens, maar selfs die beste foto sal
jou nie die werklike prentjie kan skep nie! Die ander verkenningstog was 550km
oos na Harar, weer ‘n heel ander wereld met ‘n pragtige kronkel teerpad oor
berge en dale. Nadat ons moed op gegee het om te wag vir Sudan, het ons besluit
om eerder rigting te verander na Djibouti en Yemen. Ons het min tyd in
Djibouti gespandeer, om die waarheid te sê,
23uur. Dit was maar net die hawe waar ons ‘n boot gesoek het om oor die rooi see
te gaan. Die woestyn scenery was pragtig, maar die stad ‘n ashoop. Die bootrit
was ook ‘n avontuur op sy eie. Die cargo op die boot was 2800 skaap, 5
bemanning, 4 pasasiers en een GS, ons GS.
Die beste ding van
Yemen was die petrol prys. In Afrika het ons
gemiddeld R6 per lieter betaal. Nadat die bike afgelaai was en ons paspoorte en
Carnet deur die Customs is, vat ons die pad na Taizz. Op pad stop ons by so
afvallige vulstasie. Die tenk was redelik leeg en tot my verbasing maak ek die
GS se tenk vol met minder as R30! R1 per lieter. Later het ek agter gekom dat al
die vulstasies in Yemen is baie afvallig en vuil, ook maar soos in Mosambiek.
Die pad is uit die boeke en dit kronkel deur die berg-agtige terein tussen Taizz
en Sana’a,die hoofstad. Alles is geweldig goedkoop. Ons het nie veel geweet van
Yemen nie, met die gevolg het ons nie baie verken nie. Die kultuur verskil
geweldig baie met die van Afrika. Vir die eerste keer bedel kinders nie by ons
geld nie, en almal laat ons baie welkom voel in hulle land. Pad stalletie
eienaars gooi sy stock toe met ‘n seil as hy moskee toe gaan vir bid, en niks
word gesteel nie! Ook betaal ons nie meer as plaaslike inwoners vir hotel kamers
nie. Nadat ons ‘n week spandeer het in Sana’a, druk ek die GS se kop in ‘n
oostelike rigting, na Oman. Dit was ons langste verlate pad tot op hede, 3000km
deur die woestyn. Die omgewing was baie interesant met natuurtonele wat ek nog
nooit van tevore teegekom het nie, ‘n on ondekte wereld.
Oman
het ons verbaas, ons het nie ‘n idee gehad wat om te verwag nie. Ons het dit
baie duur gevind. 10 dae se 3de versekering het ons so R400 gekos! Een aand se
oornag in ‘n gastehuis of hotel kos so R200, en daar is geen kamptereine nie.
Ons het een aand sommer so langs die pad tent opgeslaan. Ons hele budget was
R150 per dag, so ons moes iewers spaar. Daar is net een teerpad vanaf suid na
noord, Salalah na Muscat, die hoofstad. Die pad is geweldig eentonig met geen
bossies of niks, net plat, wit sanderige terein, en ‘n reguit teerpad wat voor
jou uit strek. 500km voor Muscat pak die GS se agterwiel bearing op. Weer moes
ons die bike agter op ‘n trok laai en die drywer neem ons toe Muscat toe, waar
ek die bike by die BMW agente ingehandig het vir herstel en diens. Deur die BMW
agent het ons vir Shaun ontmoet, ‘n Suid Afrikaner wat ons toe genadiglik
behuising gegee het. Dit was ons redding en ons kon heelwat geld so spaar. Ons
het Muscat baie interesant gevind, en die Omanis is ‘n baie vriendelike nasie.
Dis ‘n ryk land, en die infrastruktuur getuig daarvan, al wat pad is rondom die
hoofstad is belig, vir 100de kilometers aaneen. Nadat ons die GS terug gekry
het, vat ons die dubbel snelweg na Dubai, 450km noord van Muscat. Hier het ons
ook die Kreefskeerkring oor gesteek.
Die UAE
grenspos was die informeelste wat ons tot hede teegekom het. Daar is nie eens ‘n
Customs nie. Die pad was indrukwekkend, veral die dubbel snelweg wat op kolle
tussen sanduine loop. Na nege wonderlike maande, 27,000km agter die rug en R40
000 minder in die bank ry ons Dubai binne. Ons eerste indrukke van Dubai was
onbeskryflik. Ons bekke het vir dae oopgehang vir al die moderne geboue en
motorkarre. Ons het die land so bietjie gaan verken en was selfs die sand duine
in met die GS. Ons budget was maar laag en job soek was ‘n prioriteit op hierdie
stadium. Ons het gou tot die ontnugtering gekom dat dit nie so maklik is soos
ons gedog het nie. Nadat ons reg was met al die papiere en beplanning om oor te
gaan na Iran, het ek ‘n werk gekry en kort daarna Charmaine ook. Prys die Here,
want ek weet nie of ons chingeling ons al die pad tot in Londen sou vat nie. Ons
is nou al amper 3 jaar lank hier, en spaar soveel as wat ons kan. Dis nie so
maklik om te spaar nie, want die lewensonkoste is geweldig hoog, maar tog kry
ons dit reg. Ons beplan om in die nabye toekoms pad te vat, of soos Oom Johan Le
Roux altyd sê, Die wapad wag.
Dis net die Here se genade wat ons so
ver laat kom het, en alle eer behoort aan Hom. Die aanpassing van die lewe hier
in Dubai is geweldig moeilik, en daar gaan nie ‘n dag verby wat ek nie terug
verlang na Suid Afrika nie. Maar mens kan nie jou brood albei kante gebotter wil
hê nie, soos my Pa altyd sê. Om jou droom uit te leef, kos opoffering, maar aan
die iende sal dit beslis die moeite werd wees.
Back to top
|
|