|
|
|
|
Peru
Sms sent 26 March 2009 In Haullanca, roads are amazing!..Heading out of
town to look for a camp site
Ons is tans in Santa
Teresa, 'n dorpie naby aan die bekende Machu Pichu.
Peru hou net nie op om ons te betower met sy pragtige berge en
vriendelike mense nie. Onder is 'n storie wat
ek gestuur het aan BMW Suid Afrika wat een of ander tyd op hul webtuiste
sal verskyn. Gedink van julle sal dit geniet. Dit behels die eerste paar
dae in Peru, maar die res van die pad was soortgelyk, elke dag is net 'n
wonderlikke ervaring hier.
Ek ry nou al BMW's vir die laaste 10 jaar van my lewe en het die ander dag 'the ride of my life gehad' wat ek graag met my mede BMW ryers wil deel. Tans ry ek met 'n BMW 1150GS Adventure, amper 160,000km op die klok en sy ry nog net so lekker soos die dag toe ek haar van die vertoonvenster afgery het. Ons is al deur allerande tereine tesame, teerpad, grondpad, 4x4 trails, sand, modder en nou kan ek ook sneeu by my lysie voeg. Die rit waarvan ek julle wil vertel is in die Andes Gebergtes van Peru, volgens my die beste GS paaie wat ek al teegekom het. Ek en my vrou is tans op toer om die wereld met ons getroue GS. Na 3 weke in Colombia en een week in Ecuador, het die ryery begin vervelig raak. Elke aand slaap ons in 'n raserigge hostal in 'n dorp wat nie baie interesant is nie. Ons was al uitgehonger vir bietjie kamp en avontuur, toe kom Peru. . . . . Die eerste aand in Peru trek ons uit sig van mense van die pad af en slaan die tent op vir die eerste keer in maande (Sedert Honduras). Die kuslyn van Peru is woestyn, soortgelyk aan die wat jy by Swakopmund en Hentiesbaai kry. Die volgende dag ry ons verder suid, en draai af met 'n pad wat 'n groot rivier na die binneland en die berge volg. Weer sien ons min mense en trek van die pad af en kamp in die woestyn gebied. Die twee aande in die natuur het ons vonk in die toer weer terugesit. Vroeg die volgende oggend is ons gepak en vat die pad dieper die berge in. By Chuquicara is 'n polisie aanmeldingspunt waar ons besonderhede in 'n boek opgeskryf word. Net na die polisie-punt draai 'n teerpad links af oor die rivier met 'n brug. Reguit aan verander die pad in 'n grondpad. Ek dag toe die teerpad is seker maar die hoofpad en draai links af. Daar is 'n tekort aan rigting aanwysers in Peru, so baie keer raai raai jy maar jou weg deur die land. Die GPS help darem ook baie, maar die roete wat ons nou op was is nie op die GPS se wereld-kaart nie. Langs die pad is pragtige kaktusse van alerande kleure, groen, geel en selfs rooi, party met blomme op. Ons ry maar soos gewoonlik stadig en bewonder die natuur. Die kloof waardeur ons ry raak al hoe nouer en meer indrukwekkend. Na ons deur die nouste deel van die kloof en 'n paar tonnels is begin kronkel die pad die berg uit tot by 'n dorpie met die naam van Ancos. Ancos le so op 2000m hoog, en is aansienlik groener as die kloof waaruit ons gery het. Toe ek die dorpie (Ancos) se naam sien (eerste naambord vir die dag) besef ek ons is op verkeerde pad. Ons stop op die dorpie se plein en bestudeer die padkaart, wat maar bra vaag is en ook geen pad verbind tussen Ancos en Huallanca, die dorp waarheen ons wil gaan, nie. Ek is 'n ou wat nie hou van backtrack nie, veral nie as dit 2 uur terug is na die verkeerde afdaai nie. Die dorpie waar ons onself nou bevind is klein, en daar gebeur bitter min op 'n dinsdag oggend. Op die plein is 'n Katolieke kerkgebou, 'n winkeltjie en so paar modderkleurige geboutjies wat lyk soos huise. Behalwe die paar 'pavement special' brakke wat daar rondhang, is die ander asems in sig 'n oom en 'n antie by die winkeltjie se stoep. Die winkeltjie is van die outydse soort waar jy jou goedjies deur die tralie venster koop. Ek stap nader en groethulle:"Benious Dias" en beduie dat ek graag in die winkel wil inkom, want om vir hulle te probeer verduidelik wat ek soek in my paar Spaanse woorde kan dalk die res van die oggend neem. Hulle wys dis reg, en ek gaan haal my Inca Cola, pakkie chips en 2 pakkies koekies. Hulle wil weet waar is ek vandaan. "Sud Afrika seniora" se ek, en sy antwoord asof sy verstaan en presies weet waar Suid Afrika is. Meeste mense wat ons teekom hier in Suid Amerika weet van ons land, en verbind Suid Afrika dadelik met die sokker wereld beker wat volgende jaar daar plaasvind. Dis duidelik dat die wereldbeker toernooi goeie publisiteit vir ons land is.
Die volgende vraag is
waarheen is jy op pad, en ek se ek soek die pad na Huallanca. Hulle
albei wys my in die rigting waarvan ons gekom het. Ek verduidelik toe
maar ek soek 'n kortpad, en wil nie terug draai nie. Hulle se toe daar
is wel 'n pad oor die berg, maar wys so op en af met hul hande, wat ek
verstaan het beteken dis 'n rowwe pad. Ek se dis reg, hoe lank sal dit
neem om in Huallanca te kom, 2 ure? Hulle lag en se net "Mas, mas", wat
beteken meer, meer. Ok reken ek, ons sal die pad vat, enigeiets om nie
terug te draai nie. So km of twee buite die dorp kom ons by die afdraai,
wat na 'n lekker smal en modderigge grondpad lyk. Die pad klim steil
teen die berg uit al kronkelend verby allerande plaas landerytjies en
huise. Op een kol gaan ons by 'n hoop enorme pampoene verby wat tussen
300 en 500mm in deursnit is. Die oeste lyk goed, en die mense is baie
vriendelik en waai vir ons soos ons verby ry. Later is ons oor die 3000m
en in die wolke in, en die pad klim steeds. Die wereld is geweldig
pragtig en die pad loop soos Bainskloof teen steil hellings en kranse.
Op 3400m begin die pad afplat en ons bevind onself in 'n heel ander
wereld as vroer die oggend. Die pad is smal en draaierig, en ons ry
hoogstens in 2de rat. Die GS raak kort kort warm, en ons moet stop sodat
hy kan afkoel. Ek glo die warm raak is die feit dat ek die bike
volgemaak het met 95 oktaan brandstof teen die kus, wat te warm brand op
3000m. Op 'n paar plekke is die pad skaars een voertuig breed, met amper
vertikale afgronde 100de meters diep. Ek konsentreer maar net op die
pad, en nie op die afgronde nie. Ons kom by die oulike berg dorpie van
Llapo aan, waar ons weer op die plein stilhou vir 'n ruskansie. 'n
Toppie stap nader en begin gesels met ons. Hy gee ons nie 'n kans om
baie te se nie. Mense hier in die berge is geweldig vriendelik en laat
ons baie welkom voel. Die pad loop dood net duskant Llapo as gevolg van
'n mudslide wat die hele pad toele. Dit kos ons toe omdraai, 'n gedagte
waarvan ek glad nie hou nie. So 4km terug sien
ons 'n tweespoorpad wat afdraai in die rigting waarheen ons mik. Ons is
reeds half verdwaal, en besluit om die afdraai te vat en te kyk waarheen
dit gaan. Sommer in die begin van die paadjie word ons turf beproef met
diep modder, wat ons so sleepvoet aanpak. Dis nie nou die tyd om Tarzan
te wees en op die regte manier, staande deur te ry nie, want die afgrond
is hoog en daar is geen area vir 'n fout nie. Die res van die dag ry ons
op die tweespoorpad deur die mees asemrowende uitsigte wat ek al gesien
het. Die aand kom ons by Yupon, 'n dorpie so halfpad na Huallanca. Daar,
soos mens maar maak in die deel van die wereld, vra ons mense of daar 'n
slaapplek op die dorp is. Hulle verwys ons toe na die enigste hostal op
die dorp, waar ons die nag inboek. Terwyl ons wag dat hulle die kamer
gereed maak vir ons, sit en kyk ek die mense, skape en varke wat verby
stap. Die lewe hier in die berge lyk so rustig en eenvoudig. Dis die
tiepe lewe wat mense soos ons eintlik na smag, rustig en eenvoudig, maar
nie regtig kans sien voor nie.
Die volgende dag ry ons
die res van die kronkellende tweespoor pad na Huallanca. Dis laat middag
en ons het slegs 100km afgele, so koop net twee bottels water en koekies
en stoot aan. Na Huallanca kom een van Peru se bekende paaie deur die
Canon Del Pato (Eend afgronde). Die pad is steeds grondpad, en steeds
een voertuig breedte. Dis waar 'n motorfiets geweldig handig is, want
dis maklik om pad te gee waneer daar 'n vragmotor of bus van voor af kom.
Ons het vele kere gesien hoe 'n vragmotor of bus moet terug ry in tru-rat
tot hy by 'n opening langs die pad kom om pad te gee vir die aankomende
vragmotor. Die pad deur die Canon Del Pato loop op 'n ou treinspoor lyn
(spoorlyn is verwyder) en die canyon is geweldig nou op party plekke,
dit laat Meiringspoort breed laat lyk. Die pad is teen amper vertikale
kranse uitgekap, en het 35 tonnels. Dit was 'n fantastiese ondervinding
om hier deur te ry. Na ons deur die nouste deel van die canyon is, sien
ons 'n verlate pad wat afdraai, waar ons afdraai en ons tent vir die nag
opslaan. Die aand slaap ons lekker met die gedruis van die rivier as
agtergrond asook reendruppels op die tent.
Die volgende oggend is ons
eers laat daar weg, aangesien ons moes wag vir die sonnetjie om die nat
tent droog te maak. Ons is nou op 'n teerpad (vol slagate), en maak goed
tyd op. Ons ry deur so een of twee groot dorpe, wat ons glad nie
aanstaan nie, so ons hou maar verby. Teen 14:00 kry ons ons volgende
afdraaipad, weereens 'n grondpad. Die sonnetjie skyn te lekker en ons
stop vir so rukkie dat Charmaine ons onderklere kan was in 'n stroompie
berg water. Die sonnetjie het so lekker geskyn dat ek selfs my hemp
uitrek om te tan. Skaars was die wasgoed klaar, en dit trek meteens toe
en begin saggies reen. Met ons reenpakke aan, vat ons die pad teen die
berg uit na die Puya Raimondi Nationale park. Die park huisves 'n baie
skaars soort plant, die Puya Raimondi, 'n reuse alwyn-agtige plant wat
slegs bo 4000m bo seespieel groei (in die wild) en meer as 100 jaar neem
om te blom. Na ons die besonderse plante bekyk het klim die pad steeds
op en op teen die berg. Die reen druppels verander later in ligte sneeu
vlokkies. Ons stop en is heel opgewonde dat ons in die sneeu is, Suid
Afrikaners is mos nie sneeu gewoond nie! Na so paar fotos ry ons verder,
en verwag dat die pad nou een of ander tyd moet sak, want ons is al by
die 4800m hoog. Die wolke/mis le laag en maak dat ons nie baie ver kan
sien nie, maar ons kom agter dat dit al witter en kouer word. Plek plek
waneer die wolke bietjie oopmaak sien ons hoe pragtig, en wit die terein
is. Na meer as 'n uur se ry in die sneeu (1ste en 2de rat) begin
verander ons opgewondenheid in kommer, want die son is ook nog aan die
sak en daar is geen teken dat die sneeu, wat nou hard val, gaan ophou
nie. Ek sien in my geestesoog al ons slaan tent op hier in die koue, nat
sneeu, want ek sukkel om nou die pad te sien, want alles is nou wit
Verbasend loop die GS goed oor die sneeu, wat so 3 duim dik is.
Water plassies in die slagate is nou gevries, en die GS se wiel breek
die dun laag ys soos ons daaroor ry. Dank die Vader dis nog nie kliphard
gevries nie, want dit sou seker 'n ander ondervinding gewees het. Op net
onder die 4900m hoog begin die pad afsak. Die son het nou al gesak en ek
ry baie stadig al bidende aan. Ewe skielik en onverwags kom ons by 'n T
aansluiting, en 'n groot teerpad aan. Die roete aanwysers is toe gesneeu
(en te hoog) en ons kan nie sien watter rigting om te vat nie. Ons vat
toe maar die rigting wat afdraand loop, want ek reken dat hoe laer ons
sak, sal dit sekerlik ophou sneeu. Die toegesneeude teerpad was meer
glibberig om te ry as die grondpad waarvan ons afgeklim het, maar ons
poer poer maar so stadig aan tot die sneeu eindelik verander in harde
reen. Laat die aand en sopnat kom ons by
Huallanca ('n ander dorp met dieselfde naam as die vorige Huallanca!)aan,
en kry gelukkig 'n warm hotel kamer, waar ons 3 nagte spandeer om al ons
klere skoon en droog te kry, en ook so bietjie te rus....................... Vir diegene wat hierdie storie geniet het, ek het 3 videos op
youtube geplaas wat hierdie avontuur in beeld dek. gaan na youtube.com
en search ons username, jc4ever2 en kyk die Peru 1,2 en 3 videos van so
7 min elk Aangeheg is ook 'n paar fotos.
Geniet die lewe en laat
die wielle rol, want die lewe is kort en die paaie baie.
Email sent 6 April 2009..........................Santa Teresa
We are currently in Santa Teresa, a little town near Machu Pichu. We
will go to Aguas Callientes this afternoon by train, and visit Machu
Pichu tomorrow morning! This is one
of those long awaited places we've always wanted to visit, and now
we are here. . . . .
Email sent 9 April 2009 .....Machu Picchu Peru We headed
out from Abancay toward Cusco, the main hub for tourists
doing the Inca Trail and Machu Picchu. The road was a
fantastic tar road with sweeping turns and we went well over
4000 metres again and the temperature dropped below 10 ‘C.
Then it was down the other side to below 1500 metres where
the temperature was 31 ‘C. The
plan was to find the road to Aguas Calientes and Machu
Picchu, then go to Cusco on the way south again. Before
Cusco we took the turnoff at Iscuchaca and headed north
through farm lands and little villages around beautiful
lakes to Urubamba. The scenery was spectacular with rolling
green hills, stone walled houses with straw roofs next to
the lakes, and the clear blue sky with stark white clouds
and the snow capped peaks of the tall dark mountains as a
back drop. Wow, what a blessing to be riding the GS on the
road which runs through the valley of the Inca Trail. The
town of Ollantaytambo had really bumpy cobble stone streets
with a stone carved water channel running between the street
and the houses. The present day town is based on the old
Inca town and the almost intact Inca canchas (blocks) can be
seen in the still occupied buildings behind the main plaza.
The road out of the plaza leads across a bridge, down to the
colonial church and to the entrance of the We
eventually got to Santa Maria where we had to turn off to
Santa Teresa. A local on a 200cc Chinese scrambler was
heading in the same direction and offered to show us the
route. This was great as it was dark and from what we
understood from the many helpful locals the road ahead had
many turnoffs and it would be easy to get lost. The GPS was
only helping by showing us that we were heading in the right
direction as these small roads were not part of its world
map data base, even the towns were not plotted accurately.
It was hard to believe that this was the main ‘alternative’
route to Aguas Calientes for tourist th In the day
light the road back to town was not half as bad as it had
been the night before. What a blessing the Lord had waiting
for us, not only did we find a wonderful place to stay –
Hostal Yacumana - but safely parked inside the hostels’
restaurant were two Honda Africa-Twins waiting for the
owners (a Singaporean couple and a Swiss couple) to return
from Machu Picchu!! We took a local taxi back to the train
station and realised that we were truly blessed to have
two-wheels to do our journey on the rough roads as the 30
minute horn-honking taxi ride was nauseatingly bouncy! The
last coach of the three coach train was for tourist and it
was over filled so that some had to stand for the 45 minute
train ride to Aguas Calientas. The town is built on the
one slope of a steep ravine and the rail way line runs
through the middle of it. The narrow alleys of the town are
jam packed with hostels, hotels, restaurants and very
brightly coloured woven goods, trinkets and souvenir shops.
Some of the alleys had beautiful Christian pictures
temporarily laid out on the pathways, made from flower
petals, leaves and bits of bark in preparation for the
Easter celebrations. The next
morning we caught an early bus for the 30 minute ride up to
the ruins of Machu Picchu. Wow, there really is a
tremendous feeling of awe when you first enter the site,
seeing the steep terraced slopes falling away to the
fast-flowing Urubamba River far below in the valley floor.
The green jungle peaks towering through the mist and clouds
as the early morning sun breaks through to reveal the
majestic scene of a complete Inca City. Machu Picchu is by
far the most spectacular of all the ruin sites we have
visited. The ruins – staircases, houses, temples, palaces,
towers, fountains and even the terraces are the most
professionally built and still intact today. The structures
only lack the wooden and mud decks between the two floors in
the double story buildings and the wooden frames and grass
roofs which have decayed over the years. The masonry work
done by the Inca is unbelievable, much more advanced and
professional than the Maya. The perfect shape of the huge
Inca canchas (blocks) chiselled to fit snugly onto each
other and on selected large natural rocks for firm
foundations, other natural rocks chiselled into staircases
or channels for water. Archaeologists have restructured
some of the decks and roofs of a few houses, and we can see
that Machu Picchu could actually be a liveable city today
Machu Picchu is an awesome site, and definitely worth
all the money and effort to get to. After our visit to
the site we went back to Santa Teresa with the tourist
train, and spent the evening with another two bikers
that arrived at the hostel where we stayed. Irmat and
Roy are from Israel, and were on two rented Honda 250's.
We had a great evening with them and had our first taste
of Alpaca meat. The road from Santa Teresa was slow, and we took our
time enjoying the jungle type scenery, as we rode that
road in the dark on our way in to Santa Teresa. From the
low lying (note, low = 1500m) jungle the road climbed
steeply over a mountain range. It was cloudy in the
mountain and I decided not to stop and put rain gear on,
a decision I regret later on, as the little drizzle
turned into a cold icy rain as we rode over the 4500m
summit. It was too late to put on rain gear, as we were
already wet and bitterly cold. Luckily the road dropped
down back to 2000m, where the sun was shining nicely. We
call it a day in Ollantaytambo, and had a great evening
at a wonderful guest house called Home Sweet Home B & B
The road from Ollanttaytambo took us through Cusco, and
further south to near Lake Taticana. The scenery in the
southern Peruvian mountains are very different from the
north. The elevation is a bit higher with scenery
similar to the Arctic Tundra in some places. Needles to
say, it was a cold ride. We went through the famous
Colca Canyon, supposedly one of the deepest Canyons in
the world. We did not come here to admire the canyon
(which was not really that spectacular), but the Andean
Condor, the largest flying bird. Long time ago when I
was still in primary school I did a project (task) on
the Condor. Ever since I wanted to see one of these
majestic birds. God granted me that dream when we were
there at the Canyon. We saw three groups of them gliding
over us as we were riding. The Condor's 3 meter wingspan
make them relatively easy to spot and identify. At one
stage we came over a rocky outcrop and the road dropped
250m in altitude, and we still could see the Condors
clearly circling around the hill about 250m or more
away!
From the high canyon rim and mountains (4000m) the road
and terrain dropped down to the coastal desert. The
scenery changed dramatically from green grass plains to
absolutely no vegetation. It was a nice change in
scenery for us as the views and roads opened up. We came
on the main Pan American Highway, which is in very good
condition and we could cruise at 100km/h for the first
time in weeks. The GS did not like the low octane (84)
fuel at low altitude, and I was relieved to get some 93
and fill the tank up. That evening we pulled off
the road out of sight and camped on some beautiful
silver coloured sand dunes.
The camping on the dunes reminded us so much of our days
in Dubai and the many times we went camping with our
special friends in the desert. This was the first time
we longed back to Dubai and the friends we left behind
and it made us realized once again that it sure was a
special time in our lives too, despite of all the
difficulties that came with it.
![]()
The next evening we stayed at a hostel in Tacna, were
we met a Japanese guy who was very proud to show
us his United States ID and residence card, despite the
fact that he could not speak English. You get to meet
all sorts of interesting people on a journey like this,
that is for sure. Tacna was a very neat and tidy town,
or at least on Peruvian standards.
Peru was definitely one of our best
experiences we've had in any country. It had everything
that an adventure seeker wants. This is one of the
countries we would like to return to to explore more.
Sms sent 22 April 2009 We got the parts for the GS, will head for Valparaiso tomorrow. |