|
| |
United
Kingdom
Email received 8th July 2008: 08;20am
Just to let you all know, that
we are enjoying travelling through the
UK at the moment. From Switzerland we drove through the Black Forest Area in South
Western Germany, where we stayed near Freiburg.
The next day we drove 750km through beautiful French country
side all the way to Koksijde in Belgium, where we stayed
for two nights.
On the 2nd July we crossed
the English Channel to Dover, and we were
well received and hosted
by Paul and Dawn, the local CMA members in Dover.
The next day we drove north (550km) to Derby. This was not such
a nice ride, as there were lots and lost of cars on the freeway,
and no time to see much scenery.
At Derby we attended the Horizons Unlimited Motorcycle Meeting ( www.horizonsunlimited.com)
. About 100km before Derby I felt the rear wheel bearing was
starting to give in, and it just lasted to the rally site,
perfect place to brake down! We had the
bearing replaced during the weekend, and
GS is fine now, The
last bearing did not last long at all, as it was
replaced back in Dubai, only 11,000km back.
The rally was fantastic, and the weather was
not bad at all. We had two slots in
between the other 30 odd presenters to show our pictures
and share our journey experience. The slide
show was very well rec eived and
we met plenty of new friends. Sunday the 6th July
we drove
further no rth to Glasgow, most of the
day i n the rain. The scenery changed
and the country side in northern England is stunning.
In Glasgow we wasted some time looking for bike shops that sell
rain gear, but did not find any that suited our budget. From
there we drove to the west coast side to a town called Oban. In
Oban we were looking for an affordable B&B, but most were either
full or too expensive. At the one B&B while I were waiting for
Charmaine to return back to the bike a guy on the street asked
me where is ZA was from (The
bike registration). I said South Africa, and we got talking a
bit and then he invited us to stay with him, this is where we
are now. The best part is that he lives in a World War 2 look
out Tower on a hill that overlooks the Loch and Oban Harbour. It
is amazing how the Lord helps you meet these interesting people
on the way. Today we will head further north on the west coast and should be
at Aberdeen tomorrow night. Scotland is stunning, and the roads
perfect for biking.In Aberdeen we will stay with Dave and Dorothy, and give the
bike some much needed attention and a service, as it was
11,000km since it saw a spanner. (Apart from the bearing break
down), and it was cleaned last in Turkey!
Well guys, thank you for all your prayers and encouraging emails
to us.
Email sent 8th July 2008 07;27am
Ons
is veilig in skotland, en geniet dit baie hier. Ons is by 'n
dorpie met die naam van Oban, op die weskus. Vandag ry ons
verder noord, slaap iewers en sal die volgende dag by
Aberdeen wees.
Epos gestuur 12 Julie 2008 12.57pm
Ons is by
Aberdeen, net so oor die 40,000km vanaf Kaapstad
(12,000km vanaf Dubai) en die Aberdeen wat ek van praat
is in die noorde van Skotland, nie in die Karoo nie.
Sedert ons laaste epos het ons heelwat kilometers afgele,
en heelwat interesante stories om te vertel. Ek sal op
'n later stadium meer vertel oor ons rit deur
Switserland, Duitsland, Frankryk en Belgie. Aangesien
Engeland en Skotland vars in my gehue is, wil ek julle
graag eers die deel dek. Laas week
Woensdag het ons vanaf Calais met die ferrie oorgekom na
Engeland by Dover. By Dover het Paul ons kom haal, waar
ons oorgebly het. Paul is deel van die plaaslike CMA (Christian
Motorcycle Asosiation)
in Dover, en het ons met ope arms ontvang. Paul en Dawn
is uit en uit bikers, besit nie eens 'n kar nie. Hy ry
'n Valcan, Dawn 'n Virago en hul dogter 'n 125 Rebel.
Ons het die aand tot laat gesit en kuier. Dit was lekker
om weer in Engelse geselskap te wees, aangesien
kominikasie in Engels in die ander Europese lande nie
so spontaan is soos in Engeland nie
Die volgende oggend het Paul ons op die regte pad gesit
om verder noord te ry na Derby. Dit was die eerste keer
sedert Kenia dat ons weer aan die linkerkant van die pad
moes ry, en het sommer gou tuis gevoel op die paaie. Die
probleem was egter dat die paaie verskriklik besig was,
en daar was nie baie geleentheid vir rondkyk nie, nie
dat daar baie was om te sien langs die 3-laan snelweg
nie. Die plan was om so ver as moontlik weg te bly van
London, om die druk verkeer te mis, maar die M25 was
baie besig en het my laat herinner aan die paaie in
Dubai, vol karre. Ons eind bestemming vir daardie dag
was Derby, waar ons die Horizons Unlimited Motorcycle
Meeting bygewoon het. So 100km voor Derby het ons gestop
en kos gekoop by Tesco, die plaaslike supermark
soortgelyk aan ons Pick 'n Pay's by die huis. Met die ry
in die parkeerarea voel ek die agter wiel laer (bearing)
voel so bietjie grof. Ek het dadelik geweet wat dit was,
aangesien ek 3 jaar terug in die middel van Oman ook
daardie gevoel gahad het, net voor die bearing heeltemal
opgepak het. Ek het net gebid en die Here gevra dat die
ding moet hou tot by die rally, want daar sal ek dit
veel maklikter kan uitsorteer. Dit was toe ook so, toe
ons by die rally kampterein inry, toe raas die bearing
sommer lekker. Nadat ons die tent opgeslaan het, het ek
die ewenaar (dif) gestrip, en die rat met die bearing
uitgehaal. Met die spul is ek toe na Glyn, die hoof
organiseerder van die byeenkoms. Hy doen toe so bietjie
navraag en vind toe uit dat daar wel 'n ou op die terein
is met 2 spaar bearings, en hy sal dit vir my opsit. Die
ou met die bearing se naam is Bill, en hy besit 'n
besigheid met die naam van Moto-Morocco, reel bike toere
na Morocco, en ry altyd met spaar bearings vir die GS'e.
(Wat se dit vir jou?)

Die Horizons
Unlimited Meeting is soos die Engelsman sal se, 'n Rally
met 'n difference. Daar was 500 bikers, almal met
dieselfde passie, langafstand avontuur ritte met hul
motorfietse. Daar was heelwat ouens wat al wyd en suid
getoer het, selfs party wat om die wereld was. Daar was
motorfietse van alle vervaardigers, Africa Twins, KTM's,
ou en nuwe GS'e, Tenerre's en so meer. Omtrent almal wat
ons daar ontmoet het, was baie vriendelik en het goeie
stories om te vertel. Die organisasie van die byeenkoms
was uit die boekke, daar was stalletjies wat toer
toeristing verkoop het, 'n resturant wat kos gemaak het
en warm, skoon storte dwarsdeur die naweek. Om die mense
besig te hou, was daar regdeur die naweek in 3
verskillende kamers foto-aanbiedings en praatjies gehou
van mense se toer ondervindings en ook raad van die
pro's aan degene wat nuut is in die 'Adventure
Biking'. Ons
het by 2 geleenthede ons fotos en toer ondervinding
gedeel. Daar was 'n 'Bonfire' reg deur die naweek wat aanhoudend
gebrand het, en so af en toe het daar 'n ou die kitaar
geslaan en gesing. Die Saterdag het dit meeste van die
dag gereen, maar dit het glad nie 'n demper op die
rally gees gesit nie, mens kon egter sien die locals is
die soort van weer gewoont. Naby die Bonfire was daar 'n
kombuis-tent wat mense gewys het hoe om 'road-kill' te
slag en gaar te maak, en jy kon selfs daarvan proe en
eet. Die 'road kill'
het alles ingesluit vanaf eekhoring, haas, tortelduif en
so aan. Nie sleg gewees nie, en ek kan bevestig dat haas
en eekhoring soortgelyk is in smaak, en proe amper soos
kalkoen vleis. Vrydag het
Bill my bearing probeer vervang, maar vir een of ander
rede het die nuwe bearing wat hy opgesit het stram
getrek, en hy moes die weer afhaal. Dis waar die
probleem begin het. Sonder die regte toeristing is dit
'n baie moeilike taak, en na vele ure se gespook moes hy
tou opgooi. Ek kan nou ook bevestig dat 'n GS se
agterwiel bearing is nie 'n ding wat jy maklik langs die
pad kan vervang nie. Dit kos my toe die volgende dag na
BMW gaan, en 2 nuwe bearings koop. Ongelukkig kon hulle
dit nie vervang nie, maar gelukkig kon Glyn se vriend
dit vir my doen in sy goed toegeruste werkswinkel, en
teen saterdagaand was die bike weer in een stuk, reg vir
die pad.
Sondag
oggend het ons vroeg opgestaan en opgepak, ook maar goed,
want toe ons klaar opgepak was, het dit begin reen. Ons
het al ons nuwe vriende gegroet en in die pad geval.
10km vanaf die kampterein, op 'n snelweg voel ek 'n
vibrasie op die agterwiel. Dadelik dog ek wat is dit dan
nou weer met die bearing. Maar die vibrasie raak toe
vinnig baie erger en ek slaan ankers aan en stop langs
die pad. Die agterwiel het losgekom, en al 4 wielboude
was half uitgedraai. Dis toe dat ek myself teen die kop
kap met my vuis en besef dat ek die wiel boude net met
my vingers vasgedraai het toe ek die wiel terug gesit
het, en vergeet het om die wiel goed vas te draai met
die moersleutel (spanner) toe ek klaar was. Wat 'n
bobejaan! Dit kon 'n groot fout gewees het, maar dank
die Here ons kon in tyd stop sonder enige probleem. Ek
draai toe maar net die boude vas en ry toe verder, sal
maar die skade inspekteur as ons by Dave kom in
Aberdeen. Die pad en
omgewing noord van Derby raak baie mooi, en ons het die
550km tot by Glasgow baie geniet, ten spyte van die reen.
By Glasgow het ons na vele gesoek 'n bekostigbare B&B
gekry, en ingeboek. Die volgende oggend is ons die stad
in op soek na ordentlike reen klere. Een van die winkels
wat ons besoek het was Hein Gerike, met alle soorte bike
klere wat jy aan kan dink, maar met 'n heuwige prys. Ons
het toe maar besluit om die kans te vat en die
reenkleure te los, aangesien die weer voorspelling goed
was vir die volgende paar dae. Met die tydmors op soek
na bike winkels, is ons eers na 1 uit Glasgow. Van
Glasgow af het ons al met die weskus langs noord gery.
Die pad en omgewing is prentjiemooi, presies wat ons
verwag het van Skotland. Die natuurskoon is baie uniek,
en nie vergelykbaar met enige ander terein wat ek al
gesien het nie. Die pad oppervlakte is nie so egalig en
glad soos in die Alpe nie, maar net so vol draaie en
swaaie. Die middag
laat ry ons by Oban in, en begin soek vir 'n B&B, maar
hulle almal of vol of te duur. Ons verkies egter die B&B
opsie, want dis so bietjie koud en onvoorspelbaar vir
tent. Gelukkig is daar vele B&B's om van te kies en ons
ry maar van die een na die ander, ek stop by die hek,
Charmaine klim af en gaan vra prys en beskikbaarheid
terwyl ek by die bike wag, en so herhaal ons die siklus.
Die mense in Skotland is oor die algemeen baie
vriendelik en hou nogals van gesels, baie meer as in die
res van Europa. Terwyl Charmaine by die een B&B in is om
te sien of hulle 'n kamer oop het, stap daar 'n ou by my
verby met 'n fiets en vra in sy pragtige Skotse aksent;"
Excuse me, where is ZA from, I've never seen that
before?" Ek
weet toe hy verwys na my nommer plaat regestrasie, en ek
se hom toe ons is van Suid Afrika. Sy oe rek toe en vra
waar ons die aand gaan oorbly.
"I do not know
yet, as we are still looking for a place"
antwoord ek hom. "Come stay with me, for free,"
se hy; "I live in an old watch tower on a hill 15
mins walk from here down this road, you are very
welcome".
Ek het nie
eens twee keer gedink nie en dadelik sy uitnodiging
aanvaar. Toe Charmaine terug kom van die B&B, deel sy
met my hoe mooi die kamers is, met 'n see uitsig, en die
prys pas ons begroting, en hulle het gratis internet (dis
gewoonlik 'n groot aantrekking vir ons). "Nee" se
ek:"Ons bly nie hier nie, die Here het ons 'n ander
blyplek gegee" Natuurlik was sy baie verbaas, maar klim
toe maar ewe gedwee op die bike en vertrou my vinnige
besluitneming. Die vriendelike Skotsman se naam is Leo,
en hy bly waarlik in 'n uitkyktoring wat gebou was in
die 2de wereld oorlog. Soos mens sal verwag van 'n
uitkyktoring, kyk dit uit oor die hele baai en omgewing.
Ou Leo bly op sy eie daar, en is egter nie van die
netjiese soort nie. Die binnekant van die huisie lyk of
dit deur 'n orkaan getref is, maar die uitsig buite maak
meer as op vir wat binne aangaan. Om alles te kroon, gee
hy ons toe sy beste kamer om in te slaap, op die boonste
verdieping, met 'n uitsig oor die Loch (baai) wat ek
moeilik sal kan beskryf. Leo leef 'n baie eenvoudige
lewe, ry sy paneelwa met ou kookolie (Maak sy eie
BioDiesel), maar geniet die lewe en is baie gelukkig
waar hy is. Sy huis is oop vir enigeeen wat by hom wil
kom oorbly, en hy het al baie backpackers vir gratis
gehuisves.
Dinsdag
oggend is ons verder met kuspad noord en die terein raak
net mooier en mooier. Die pad is plek plek enkelbaan,
met breer plekke hier en daar vir voertuie om verby
mekaar te kom. Gelukkig is daar maar min voertuie op
daardie paaie. 
By Malaig is ons met 'n ferrie oor na die
eiland van Skye, en het gery tot by Portree, waar ons
weer begin soek het vir 'n B&B, tevergeefs, almal
vol. So 20km uit Portree kom ons toe op 'n oulike klein
dorpie af met 'n goedkoop B&B, waar ons die aand gebly
het. Woensdag oggend is ons van
daar af verder noord na Applecross, en die Applecross
Skiereiland. Weereens, die paaie en terein fantasties,
perfek vir 'n bike soos die GS. Al die tyd sedert
Glasgow was ons nog geseen met pragtige weer, selfs
sonskyn op party plekke, en geen reen. Temprature is 'n
lekker koel 15 grade C. Die middag het ons net voor
Inverness al vroeg begin soek vir 'n B&B, en by die 3de probeerslag
plek gevind op 'n plaas. Die skape hier in skotland is
so mooi dat ons einlik fotos neem van hulle, die locals
dink seker ons is van ons kop af. Die skape lyk presies
soos daai skape in die film Babe, lekker dik wol, spier
wit en stok stywe bene, lyk te koddig as hulle hardloop.
Party is wit met 'n swart kop.
Donderdag
oggend het Dave ons kom haal by Inverness en ons al met
pragtige paaie langs terug geneem na Aberdeen. Die area
tussen Inverness en Aberdeen is weereens baie pragtig,
maar lyk meer soos die tiepiese Skotse poskaart fotos,
groen en heuwelagtig met wit skaap kolletjies op die
velde. Dit het heel dag gereen en was 'n koel 10 grade
C, maar ons het die natuurskoon so geniet dat die weer
ons nie gepla het nie. Nou is ons
hier by Dave, en het gister die GS se olie getap en die
klein dingetjies deurgegaan. Die 4 wielboude se
skroefdraad is gestrip van die loskom in Derby, en die
agterband is glad gery, en ek bedoel glad. Dis die
eerste keer in my lewe dat ek 'n buiteband 100% glad ry,
en die kante is meer afgeloop as die middel. Ons het die
boude bestel en sal Saterdag
by die dealer wees.
Epos gestuur
12 July 2008 1.28pm
Halo, ons is in Edenburgh,
kuier by Heather, Charmaine se niggie.
Ons het die bike uitgesorteer
in Aberdeen, nuwe agterband ook opgesit. Bike is nou
reg vir die lang adstande van Noord Amerika.
Ons beplan om vanaand in York
te slaap, en more af te ry na Windsor. Maandag sal
ons tyd spandeer om die bike gekrat en gestuur te
kry, en hopelik Dinsdag
aand af te gaan na South Hampton.

Cheers Scotland
we will surely miss you and come back for more in
the future!
Back in England
Email sent 15July 2008 10.36pm
I've been underestimating the size of the
UK. The ride north and back was way over
2000km, in one week. That might not sound
much for you in Namibia or the Northern
Cape, but there is a big difference in the
distance on straight roads than on these
windy roads. In Scotland we only managed an
average of 250-300km in a day, and it took
us the entire day to ride it. Yes, we drove
slowly and stopped
a lot, but that is what this trip is about,
taking it easy.
In Ellon, near Aberdeen, we stayed with Dave
and Dorothy, where I serviced the bike and
fitted a new back tyre.
I've decided to give the Metzler brand a go
and see if it will last longer than my
previous Maxis, which lasted 14,000km, not
too bad I guess.
From Aberdeen we drove South past Dundee,
where I picked up the 4 new wheel bolts.
Unfortunately, and typical Corporate BMW,
they were happy to sell the bolts to me and
take my money, but was not keen to let me
use their 10mm Allen key spanner to remove
the temporary bolts and fit the new BMW
bolts. I guess if your name is not Ewen
Mgreggor, you don't stand a chance, you're
on your own mate.
 From Dundee we drove further south past Edinburgh,
York, Coventry and arrived at Windsor Monday
morning, all the way with the 2x 12mm
temporary allen cap screws as wheel bolts!
With our arrival we went to a company we've
met at the Horizons Unlimited rally,
specializing in freighting bikes. (James
Cargo) In a matter of an hour or two, we
were done with all the paperwork and left
the GS with them. (950 pounds was the cost)
We got on a train and commuted down to South
Hampton, to Ted and Jackie Russell. They are
CMA members in England and are, like all of
them, wonderful people..............................I wish all of
you at home or work a wonderful day.
Back to Top
|